Boom!
Produksie: Boom!
Regie: Adriaan Meyer
Teks: Nataniël
Kostuums: Errol Arendz
Stelontwerp: Strijdom van der Merwe
Datum:
6 Mei - 19h30
7 Mei - 19h30
8 Mei - 14h30 & 19h30
Venue: Scaena-teater
Kaartjie-pryse: R 65.00 / R 35.00 vir Klub Theatron lede
Besprekings: Kaartjies beskikbaar by Computicket (Mimosa Mall & Checkers Money Market)
BLOEMFONTEIN: Nataniel-aanhangers wat nog nie Boom! gesien het nie, moet gou spring vir kaartjies. Die produksie is gedurende Mei-maand moontlik vir die laaste keer in Bloemfontein te sien.
Boom! is deur Nataniël geskryf. Al die 2008-vertonings van die stuk op Aardklop en die Volksbladfees is al uitverkoop. Ekstra vertonings moes gereël word. Die produksie was ook op ander feeste, soos die Woordfees op Stellenbosch te sien. Die eenvrou-tragikomedie is 'n vertoonstuk vir die vaardige spel van met Hilletje Möller.
Hilletje Moller verwerf in 2005 haar B.A Drama en Teaterkuns aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy Universiteits erekleure vir teaterkuns verwerf. Hilletjie maak haar professionele debuut, tydens haar vertolking van die hoofrol in Skerp-sin (oorspronklike teks deur Pulitzer pryswenner Margaret Edson). Verder was sy al op die verhoog te sien in produksies soos “Die Huweliksaansoek" , “Nag van Legio", “Bloedbruilof", “Weer" en “Bewys" wat in 2008 Beste Debuut Produksie by die Volksblad Kunstefees aangewys is. Hilletje is in 2008 gekeur om haar studies aan die Lee Strasberg drama instituut in New York voort te sit.
Op 6-8 Mei om 19:30 is BOOM! In die Scaena-teater op die UV-kampus te sien. 'n Middagvertoning om 14:30 is ook op Vrydag gereël. Kaartjies is beskikbaar teen R65.00 en R 35.00 vir Klub Theatron lede.