Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns

Die kursus is gerig op (aspirant-)skrywers en literêre vertalers wat ʼn manuskrip onder deskundige leiding wil voltooi. Hoewel die vernaamste oogmerk hiervan die ontwikkeling van ʼn lewensvatbare publiseerbare manuskrip is, is dit ook ʼn volledig akademiese kursus waarvoor kandidate teoretiese modules op magistervlak moet slaag. Die gestruktureerde aard van die kursus maak dit egter moontlik dat dit ook gevolg kan word deur kandidate sonder ʼn volledige honneurskwalifikasie in tale (sien Toelatingsvereistes hieronder).

Die kursus strek oor twee jaar, waarvan die eerste jaar hoofsaaklik gewy word aan ʼn toeretiese en toegepaste teoretiese begronding (ʼn kursus in literêre stilistiek en ʼn navorsingskomponent) en die tweede jaar aan die skryfpraktyk, dit wil sê die afronding van ʼn manuskrip tydens die verpligte werkswinkels.

Die fokus van die gestruktureerde MA in die departement is oorspronklike literêre skryfwerk en literêre vertaling en tekste in enige genre mag aangebied word, fiksie sowel as niefiksie, populêr sowel as literêr, prosa sowel as drama en poësie.

Toelatingsvereistes

Kandidate moet aan die volgende twee hoofvereistes voldoen:

  A. tersiêre kwalifikasies op honneursvlak; en
  B. 'n toepaslike literêre portefeulje, onderworpe aan interne en eksterne keuring.

Om aan vereiste A hierbo te voldoen moet kandidate oor een van die volgende beskik:

  1. ʼn honneursgraad in tale of letterkunde, of
  2. ʼn gelykwaardige vierjaarkwalifikasie en/of bewese akademiese kwalifikasie en/of prestasies in ander dissiplines, soos erken word deur die Kantoor vir die Erkenning van Voorafleer aan die UV (RPL/EVL). Hierdie kwalifikasies moet egter eers deur die universiteit se Kantoor vir die Erkenning van Voorafleer (EVL/RPL) goedgekeur word. (Sien Aansoeke hieronder.) Aangesien die eerste jaar van die MA primêr akademies van aard is, is die minimum-aanbeveling ʼn vierjarige B-graad en/of honneurs as ʼn aanduiding van die kandidaat se akademiese vermoëns.

Studente wat nie reeds oor ʼn honneursgraad in Afrikaans en Nederlands beskik nie, word verplig om saam met die MA in Kreatiewe Skryfkuns gelyklopend ʼn honneursmodule van 32 krediete aan te bied wat relevant is vir die spesialisasieveld (poësie, prosa, drama) van die student. Die 32-kredietmodule kan gekies word uit die volgende modules: AFNL6808 (32 krediete) of AFNM6808 (32 krediete) of AFNJ6814 (16 krediete) en AFNK6824 (16 krediete). Die krediete van die honneursmodule sal nie bydra tot die verwerwing van die MA-kwalifikasie nie.

Vir Vereiste B moet kandidate ʼn skryfportefeulje van sy of haar skryfwerk indien. Die portefeulje moet bestaan uit minstens 20 bladsye (5 000 woorde) van die manuskrip wat die kandidaat gedurende die kursus wil ontwikkel. Die portefeulje mag dus nie reeds gepubliseerde werk bevat nie.

Vir spesialisasie in literêre vertaling kan vertalings van en na Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans voorgelê word. Die kandidaat moet minstens 5 bladsye van die bronteks sowel as 5 bladsye van die vertaling daarvan indien.

Die werkswinkels word slegs in Afrikaans aangebied.  Studente kan vooraf in oorleg met die studieleiers aan die einde van die eerste jaar van die MA aandui of hul die manuskrip (tweedejaar) in ‘n ander taal as Afrikaans wil aanbied.

Beoordeling van portefeulje

Die portefeulje sal aanvanklik beoordeel word deur ʼn interne keurpaneel bestaande uit die dosente wat vir die onderrig van die kursus verantwoordelik sal wees. Die finale keuring word gedoen deur eksterne, onafhanklike keurders wat spesifiek vir hierdie doel deur die departement aangewys word. Toelating kan slegs geskied indien die keurpaneel sowel as die eksterne keurder bevind dat die teks (skryfportefeulje) oor genoeg potensiaal beskik dat dit tot ʼn lewensvatbare manuskrip ontwikkel kan word.

Voor die aanvang van die studie (einde Januarie), en as deel van die kwalifiseringsproses, kan daar met elke kandidaat wie se portefeulje en kwalifikasies aan die nodige vereistes voldoen ʼn onderhoud gevoer word deur die keurpaneel en departementshoof.

Eindeksaminering geskied intern deur ʼn interne eksaminator en interne moderator (gemiddelde punt) en twee eksterne eksaminatore (nie verbonde aan die UV nie). Die finale punt sal dus bereken word op basis van die interne UV-punt en die twee eksterne eksaminatore se punte.

Let ook op die verklaring aan die einde van hierdie dokument. Kandidate moet die verklaring betreffende die voorlegging vir publikasie van manuskripte aan die begin van hul studie onderteken en indien by die administrasiekantoor van die departement, FGG 211, of per e-pos stuur aan die departementele sekretaresse, mev. I. Meiring (meiringi@ufs.ac.za).

Kurrikulumstruktuur

Kandidate word vir studieleiding toegewys aan spesialiste op die toepaslike taal- en genre-terreine. Naas ’n primêre studieleier sal elke kandidaat in die groepbesprekings ook toegang hê tot die kundige terugvoering van die ander dosente.

In die eerste jaar word één teoretiese en één toegepaste teoretiese module aangebied (AFNA7910 en AFNB7920 Capita selecta) en terselfdertyd moet studente deurentyd aan hul manuskripte werk. In die tweede jaar word die manuskripte finaal afgerond tydens verpligte werkswinkels. Indien studente in die eerste studiejaar in óf die kursuswerk, óf die kreatiewe uitset nie genoegsaam vorder nie, sal hulle aan die einde van die eerste jaar skriftelike advies van die departementshoof ontvang om te deregistreer en nie voort te gaan met die AFNM7900-module (Kreatiewe uitset) nie.

Hoewel kandidate eers in die tweede studiejaar vir die voltooiing van die manuskrip registreer (AFNM7900 Kreatiewe uitset), begin die werk daaraan reeds met die heel eerste slypsessies.

In die eerste studiejaar word die tien slypsessies van 5 uur elk een keer per maand op ʼn Vrydag van 12:00-17:00 in blokformaat aangebied, vanaf die einde van Januarie tot die middel van November. Die spesifieke datums en tye word egter met die aanvang van elke semester onderling deur studente en dosente vasgestel. Die werkswinkels maak uit die staanspoor voorsiening vir praktiese sessies met die studieleier en uiteindelik ook vir groepbesprekings waarin kandidate die geleentheid sal kry om in groepsverband hul werk en die inhoud van die kursus te bespreek.

Bywoning is verpligtend

Afwesigheid van  meer as een van die werkswinkels sal verdere deelname aan die program uitsluit.    In 2022 bestaan die moontlikheid van aanlyn werkswinkels (in uitsonderlike gevalle) , met die voorbehoud dat studente voor toelating tot die dept. aan die dosente en departementshoof bewys moet kan lewer van hul internettoegang. Tegniese probleme wat aanlyn toegang verhoed setel buite die departement se verantwoordelikheid. Afwesigheid van meer as een werkswinkel ook in die geval van aanlyn deelname sal verdere deelname aan die program verhoed.

In die eerste studiejaar word die 2 modules deur middel van werkopdragte en/of mini- skripsies geëvalueer deur sowel die interne eksaminator/studieleier as die interne moderator. Interne moderering geld vir die toekenning van punte vir alle eindassessering in die eerste studiejaar.

In die tweede jaar geskied assessering van die manuskrip. Eksterne eksaminering (twee eksaminatore) van die manuskrip is verpligtend in die tweede jaar alvorens die kwalifikasie toegeken sal word. Die interne punt vir die manuskrip is die gemiddeld van die punte van die interne eksaminator en die interne moderator (UV). Indien die punte toegeken met meer as 10% verskil, sal slegs die eksterne eksaminatore se twee punte as die finale punt vir die manuskrip (kreatiewe uitset) aanvaar word.

Die kurrikula vir die onderskeie spesialiserings, naamlik oorspronklike werk en literêre vertaling, lyk soos volg:

1. Oorspronklike kreatiewe skryfwerk

Jaar Module Inhoud Assessering Krediete
1 AFNB7920
Capita Selecta
Teoretiese begronding vir kreatiewe skryfwerk Vyf skryfopdragte in eerste semester. Vyf verpligte kontaksessies van 5 ure elk. 45
AFNA7910
Literêre kritiek
Literêre kritiek in Afrikaans en Nederlands Een groot werkopdrag in tweede semester met moderering. Vyf verpligte kontaksessies van 5 ure elk. 45
2 AFNM7900
Kreatiewe uitset
Die ontwikkeling en afronding van die manuskrip wat vir die graad voorgelê word. Manuskrip waaraan deurlopend vanaf die eerste studiejaar gewerk word. Finale manuskrip word modereer einde Oktober van tweede studiejaar. Eksterne moderering word einde November afgehandel. 90
CODE MODULE CREDITS
AFNA7910 Literary Criticism in Afrikaans or Dutch 45
AFNB7920 Theoretical grounding for creative writing 45

Plus

CODE MODULE CREDITS
AFNM7900 Mini-Dissertation: Afrikaans and Dutch (Structured Masters) 90

2. Literê vertaling

Jaar Module Inhoud Assessering Krediete
1 AFNB7920
Capita Selecta
ʼn Inleiding tot relevante vertaalteorieë gekombineer met literêre stilistiek wat afgestem is op kandidate se manuskripte. Vyf skryfopdragte in eerste semester. Vyf verpligte kontaksessies van 5 ure elk. 45
AFNA7910
Literêre kritiek
Die fokus is belangrike periodes en tendense in die Afrikaanse letterkunde en die literêre kritiek. NAVORSINGS- werkopdrag in tweede semester. Vyf verpligte kontaksessies van 5 ure elk. 45
2 AFN7900
Kreatiewe uitset
Manuskrip van literêre vertaalwerk.

Manuskrip waaraan deurlopend vanaf die eerste studiejaar gewerk word. Die finale manuskrip word middel Oktober van tweede studiejaar  ingedien vir interne moderering.

Die vertaling (manuskrip) moet vergesel  word van ʼn 10 bladsye (12 lettergrootte, en 1,5 spasiëring) teoretiese begronding vir die vertaalteoretiese beginsels wat die vertaler gebruik het.

Eksterne eksaminering  word einde November van die tweede studiejaar afgehandel.

90
Aansoeke

Daar

Daar is drie stappe:

  • UV-aansoek (voorafgaande jaar)
  • Dept. Toelating na keuring ook van die skryfportefeulje (Pdf- aansoekdokument)
  • Registrasie vir die MA-modules

Alle voornemende studente vir die MA in Kreatiewe Skryfkunde moet eers by die UV aansoek doen. Hierdie aansoek moet die departement bereik voor die UV- sluitingsdatums soos op die UV-webblad verskyn (30 Oktober) van elke jaar.

Let wel:

Stuur die PDF-aansoek in geheel as een dokument na die dosente in kreatiewe skryfkuns en Cc die departementshoof en/of departementele sekretaresse.

Die PDF-aansoeklêer moet die volgende as aparte dokumente bevat om die keuring te vergemaklik:

  1. ʼn brief met kontakdetail van die aansoeker om keuring vir die graadspesialisasie te versoek;
  2. ’n portefeulje wat literêre skryf- of vertaalwerk bevat, soos in die toelatingsvereistes hierbo voorgeskryf;
  3. ʼn CV wat veral die kandidaat se a) vorige/volledige studierekord en b) publikasiegeskiedenis weerspieël;
  4. ʼn voltooide aansoekvorm van die UV – aanlyn.

Die UV-aansoek kan u na terugvoer oor die keuring van u kreatiewe skryfportefeulje hanteer - ook in die komende Januarie voor die lesings begin.

(Let Wel: Deur die UV-aansoekvorm te voltooi sal jy ʼn studentenommer kry, maar dit beteken nog nie dat jy vir die kursus aanvaar is nie.)

Kandidate wat nie ʼn toepaslike of verwante honneursgraad in taal- of letterkunde het nie, moet daarop let dat die departement hul aansoek sal verwys na die Kantoor vir die Erkenning van Voorafleer.

Vir die erkenning van ervaring en/of kwalifikasies wat buite die taal- en letterkunde val, sal relevante kwalifikasies en/of werkervaring in ag geneem word, vernaamlik ʼn publikasiegeskiedenis.

Rig korrespondensie aan:

Prof. Angelique van Niekerk
Hoof: Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans
Universiteit van die Vrystaat
Posbus 339
Bloemfontein
9300.

E: vnieka@ufs.ac.za
T: +27 51 401 2816

REGISTRASIEPROSES VAN NAGRAADSE STUDENTE: HONNEURS en MAGISTER en Ph.D.
  • Aansoek, toelating en registrasie


    1 a) Studente wat die vorige jaar hulle vorige graad voltooi het, moet die DV3- aansoekvorm invul (geteken deur die departementshoof) en tesame met die departementele toelatingsbrief ingee by Toelatings in die George du Toit- administrasie gebou. Toelatings sal dan ʼn vorm aan die departement stuur.

    1 b) Studente wat nog nie aan die UV studeer het nie of hulle studie aan die UV onderbreek het moet ʼn nuwe aansoekvorm invul en by die toelatingskantoor inhandig. Laasgenoemde kantoor sal dan die aansoek aan die departement vir finale goedkeuring stuur.

    a) Wanneer die UV-aansoekproses voltooi is, moet die departement se brief van aanvaarding aan Toelatings gestuur word met die versoek dat die suksesvolle studente geaktiveer moet word vir die spesifieke studiejaar.

    OF:

    2 b) ʼn Vinniger metode is vir die studente om einde Januarie self na die Toelatingsafdeling in die Callie Human te gaan met hulle magtigingsbrief van die departement en dan self daar aansoek doen om geaktiveer te word. Studente kan dit vroeg die oggend einde Januarie doen wanneer hulle na die eerste werkswinkel kom.

    3) Studente kan slegs nadat die toelating- en aktiveringsproses voltooi is vir die kursus registreer.

    4) Studente sal slegs AANLYN kan registreer indien hulle toegelaat is deur die departement en ook geaktiveer is.


    Let wel: AANSOEKPROSES

    1. Studente moet AANSOEK doen (DV3-aansoekvorm aanlyn voltooi). Nadat die aansoekvorm en alle bewysdokumente suksesvol gelaai is, kry studente ʼn e- pos met ʼn tydelike nommer en erkenning van ontvangs van die aansoek.
    2. Die aansoek word daarna, via Toelatings, na die departement gestuur vir GOEDKEURING. Die Departement keur dan die aansoek insluitend die skryfportefeulje goed en stuur dit terug na UV-toelatings.
    3. Eers na UV-aansoek en toelating kan die student REGISTREER. (Departementele toelating geskied na eksterne evaluering van die skryfportefeulje.)

    Aanlyn registrasie kan slegs plaasvind binne die amptelike registrasietydperk. Daarna moet die harde kopie deur die student self hanteer word.

    Verklaring wat voor of tydens die eerste slypsessie in die eerste studiejaar by die departement se akademiese assistent (FGG 211) ingedien moet word:

    Hiermee verklaar ek:

    1. ek nie die manuskrip wat in die MA-kursus aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans van die Universiteit van die Vrystaat ontwikkel is, of enige gedeelte daarvan, vir publikasie sal voorlê alvorens die graad toegeken is nie;
    2. ek my eie kalender sodanig sal inrig om die geskeduleerde (maksimum 10) werkswinkels in die tweede studiejaar te kan bywoon. Die kalender word voor die aanvang van die kursus jaarliks met studente uitgeklaar en dan bevestig. Afwesigheid van meer as een werkswinkel, sal verdere deelname aan die program verhoed.

    Publikasie

    Die departement sal studente ook van advies bedien met die oog op publikasievoorlegging nadat die graad toegeken is, aangesien ons bepaalde vennootskappe met die industrie in plek het.

    Studente moet skriftelike voorafmagtiging van die studieleier vra om bedankings of verwysings na die departement in ʼn dankwoord in enige publikasie te kan insluit.

    Die volgende erkenning aan die departement en studieleier moet egter in die publikasie voorkom: 

    Hierdie publikasie het gedien as voorlegging vir die verkryging van die graad Magister Artium (met spesialisasie Kreatiewe Skryfkuns) in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Fakulteit Geesteswetenskappe, aan die Universiteit van die Vrystaat. Die studieleiers was prof. Henning Pieterse en dr. Francois Smith.

  • Kontrakpublikasie – SUN MeDIA

    SUN MeDIA kan beskryf word as ʼn geïntegreerde inhoudsbestuurder en spesialisverskaffer van uitgewers- en drukkersdienste vir die hoëronderwysmark en die privaatsektor.

    Die skrywer/student behou die kopiereg, terwyl SUN MeDIA die kopiereg verkry van die manuskrip (in die boek-formaat waarin dit gepubliseer sal word).

    Studente sal via die departement van ’n publikasie-ooreenkoms voorsien word indien die manuskrip nadat die graad reeds toegeken is, genoegsaam afgerond is.

    In die geval van kontrakpublikasie sal die departement ʼn getekende aanbeveling voorsien aan die student en uitgewer, indien daar deur die interne en eksterne moderatore geoordeel word dat die manuskrip genoegsaam afgerond is vir kontrakpublikasie. Dit behoort die proses te bespoedig SUN MeDIA se aanlyn-winkels/katalogus bied die volgende: 

    Die student sal ook ʼn skriftelike verklaring van taalversorging deur ʼn geakkrediteerde taalversorger/taalpraktisyn moet voorsien aan die uitgewer en departement.

    Voorsiening word dus met so ʼn aanbeveling van die departement gemaak vir e- publikasie en elektroniese katalogi naas die gedrukte publikasie-opsie via SUN MeDIA.

     


    Fakulteitkontakte

    T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

    Nagraads:
    Marica Coetsee: +27 51 401 2369

    Voorgraads:

    Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
    Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

    Humanities photo next to contact block