Vanaf 1 - 4 Julie 2024 is die jaarlikse Poort Slypskool, geborg deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, vir hoërskoolleerlinge in Bloemfontein aangebied. Die gasheer was die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans van die Universiteit van die Vrystaat en die aanbieders was die bekroonde skrywers Lynthia Julius en Annerle Barnard.