Picture1
 Picture2

Jongerenprojek in Nederland!

Elizna Henderson is ʼn derdejaarstudent in die Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans departement. Sy het in 2024 die Nederlandse kursus, AFNK2724 voltooi en ook 2025 die CNaVT (internasionale eksamen vir Nederlands) in Bloemfontein geslaag. Dit het haar uitstekend voorberei vir  ʼn reiservaring as deel van Jongerenprojek in Nederland.

Sy skryf: “Die Jongerenprojek is eerlikwaar ʼn belewenis wat ek nooit – met al die tale se woorde tot my beskikking sal kan beskryf nie. Dit is iets wat nooit regtig uit daardie gaping van jou hart kan kruip nie, want ervarings en die mense klou aan jou siel. Alhoewel die besienswaardighede en aktiwiteite vir jou die wêreld se insig en opwinding bied, roer die mense en die herinneringe wat jy buite die daaglikse program gemaak het jou hartsnare op ʼn manier wat jy nie kan beskryf nie.”

Die volledige artikel en meer foto’s is beskikbaar via Voertaal en LitNet: https://share.google/gWFZxKvxZijMxJNbr


ANDF
Nederlands in die nuus!
Die suksesvolle kandidate aan die UV/UFS van die internasionale Nederlandse eksamen, CNaVT in 2025.

Suksesvolle CNaVT-kandidate in 2025:
Agter, van links na regs: Jana Smith, Dr Francios Smith, en Rita Marianne Oosthuizen
Voor, van liks na regs:  Tanya Kruger, Emma-Lancia Faro, Elizna Henderson, en Prof Angelique van Niekerk (Afwesig: Melissa Mitchell)
 
Belangstellende studente van die dept. kan na voltooiing van die module AFNK 2724 (Nederlands en die Nederlande) of die kortleerprogram vir Nederlands jaarliks in Februarie via die departement registreer vir die CNaVT-eksamen. Dit word jaarliks in Mei geskryf indien kandidate in die voorafgaande Februarie geregistreer is vir ’n bepaalde vlak van eksamen in Nederlands, bv. A2 - C1.
Doen gerus navraag oor die kortleerprogram vir Nederlands by die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV/UFS of via
Karen Combrinck
E: CombrinckK@ufs.ac.za 

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block