Professor Stuart Taberner
S Taberner

Prof Taberner se navorsing fokus op kontemporêre Duitse letterkunde, denke en samelewing, en hy is tans in die proses om 'n boek oor kontemporêre Duitse Joodse letterkunde te voltooi, hierby ingesluit die werke van Olga Grjasnowa, Vladimir Vertlib, Benjamin Stein, Maxim Biller, Adriana Altaras, Katja Petrowskaja, Sasha Salzmann, Dmitrij Kapitelman , Barbara Honigmann, en ander. Daarbenewens is hy betrokke by impak- en openbare en gemeenskapsbetrokkenheidsaktiwiteite wat hoofsaaklik verband hou met sy werk oor die transnasionale sirkulering van Holocaust-herinnering. Dit sluit die mobiele uitstalling getiteld Germany's Confrontation with the Holocaust in a Global Context, in samewerking met die South African Holocaust and Genocide Foundation, in. Die uitstalling is in die Suid-Afrikaanse Holocaust- and Genocide Centre in Kaapstad, Johannesburg en Durban, die UK National Holocaust Centre, asook in skole, universiteite, museums, galerye en openbare biblioteke in die VK, Suid-Afrika, die VSA en Ierland vertoon. Hy het ook persbydraes in die VK en Suid-Afrika gelewer, asook TV- en radio-onderhoude in beide lande. Saam met Dorothea Heiser het hy 'n boek, met vertalings van gedigte geskryf deur gevangenes van die konsentrasiekamp Dachau, geredigeer. Hierdie boek, My Shadow in Dachau, het in 2014 verskyn.

Anton Roodt
A Roodt

Anton Roodt het in 2019 ’n MA in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy het ook meestersgrade in argitektuur, stedelike beplanning en omgewingsbestuur verwerf. Hy praktiseer sedert 1982 as ’n professionele argitek en stedelike beplanner en het verskeie toekennings vir sy firma se werk van die streek- en nasionale liggame vir argitekte ontvang. Van sy werk is ook, onder andere, in die Phaidon Atlas of Contemporary World Architecture gepubliseer. Hy spesialiseer in erfenisargitektuur en omdat hy van geskiedenis hou, geniet hy historiografiese metafiksie. Hierteenoor is hy eweneens geïnteresseer in kontemporêre en toekomsgerigte argitektuur, vandaar sy liefde vir wetenskapfiksie. Hy is ook ’n visuele kunstenaar.

Hy en sy vrou Zarine, ‘n memoireskrywer, woon in Bloemfontein. Hulle het een seun, Leon-Pierre, wat ook as argitek praktiseer in die praktyk wat in 1952 deur Anton se pa op die been gebring is. 

Weerlose Meganika is Anton se debuutroman (Tafelberg 2020).





FOTO C Geldenhuys
C Geldenhuys

Naskoolse kwalifikasies: MA (Musikologie), MA (Linguistiek, cum laude, met spesialisasie in vertaling), HOD, UOLM (Klavier) en ʼn Hoër Diploma in Biblioteekkunde.

Tans besig met BA Hons (Frans).

Voltydse vryskut-taalpraktisyn en geakkrediteerde lid van die SA Vertalersinstituut, volle lid van die Professional Editors Guild, lid van die European Association of Science Editors en die Mediterranean Editors Association.

Lewer referate oor vertaling by verskillende nasionale en internasionale kongresse, waaruit artikels plaaslike en in internasionale joernale gepubliseer word. Woon verskeie werkswinkels plaaslik en internasionaal by oor vertaling.

Betrokke by die opleiding van hoftolke vir die Departement van Justisie (2008-2009) as taalkundige.

Publikasies: Musiek as Vak, Graad 8-9, Graad 10, Graad 11 en Graad 12 (1985-2005). Benewens talle vertaal- en teksversorgingsprojekte vir verskeie uitgewers (o.a. Heineman, Oxford University Press en Future Entrepreneurs), wetenskaplike joernale en verenigings, was sy betrokke by die 2020-Bybelvertaling as taalpraktisyn en vertaal onlangs die Pleknaamwoordeboek vir Suider-Afrika (Protea).

Belangstellings Akademies: Letterkundige vertaling, Letterkunde, Frans, Musiek


Dr Karen Ferreira-Meyers
AS de Wet

Naskoolse kwalifikasies: BA en HOD (verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch), BA Honneurs, MA en PhD verwerf aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV.

Belangstellingsvelde: Sosiolinguistiek, Kinderliteratuur, leesvaardigheid, akademiese geletterdheid.

Publiseer op die terrein van die sosiolinguistiek en leesvaardigheid, was betrokke by die 2020-Bybelvertaling; skryf ’n portret van Afrikaans vir die EuroComGerm-projek onder leiding van Janet Duke aan die Universiteit van Freiburg, Duitsland, gepubliseer 2019: "Germanische Sprachen lesen lernen." (om Germaanse tale te leer lees).

Dr Karen Ferreira-Meyers
K Ferreira-Meyers

Dr Karen Ferreira-Meyers is woonagtig en werk in Eswatini. Sy is ‘n Senior Lektrise en Koördineerder in die Departement Linguïstiek en Moderne Tale, asook ‘n aktiewe vertaler en tolk. Haar navorsingsvelde sluit in outofiksie en outobiografie, misdaad- en speurfiksie, taalonderrig en -leer. Sy publiseer wyd (meesal navorsingssartikel en boekresensies, maar ook ‘n monografie oor Frankofone vroueskryfsters soos Beyala, Nothomb en Bouraoui). Hier volg ‘n paar van haar onlangse artikels :

2020 FERREIRA-MEYERS, K. The Other and the Self in Laurent Herrou’s Autofiction Nina Myers, in Caietele Echinox, 37 (2019), pp. 159-167.

2020 FERREIRA-MEYERS, K. Le plurilinguisme en Eswatini : un rêve ou une réalité ?, http://www.biennale-if.org/les-actes-de-la-xxviiie-biennale.html (skakel na Karen Ferreira-Meyers), 9 bladsye.

2019 FERREIRA-MEYERS, K. Le lecteur “averti” reste quand même dans l’incertitude face à l’autofiction, in Yahia Khabou, S. (éd.), La lecture des créateurs, Actes du colloque international tenu à Hammamet, les 23-25 mars 2017, Tunisie, ISBN 978-9938-03-081-5, pp. 119-130.

2019 FERREIRA-MEYERS, K. L'autofiction historique: l'exemple de Vamba Sherif, in Grell-Borgomano, I. and Devésa, J.-M., L'écriture du Je dans la langue de l'exil, Collection "Proximités - Littératures", EME Editions : Louvain-la-Neuve ISBN 978-2-8066-3689-8, pp. 149-163.

2019 FERREIRA-MEYERS, K. La migration inter-africaine et sa représentation dans le roman policier sud-africain, in Victoria Ferrety et Martine Renouprez (éds.), Les Migrations entre Méditerranée et terre promise, Vol. 2. Littérature, Philosophie et linguistique, Editorial UCA, Universidade de Cadiz – Université de Liège, ISBN9788498287776, pp. 135-148.

2019 IMPEDOVO, M. and FERREIRA-MEYERS, K. Expanding use of research-based teaching practices after an international Masters course, in Transformative Dialogues: teaching and learning eJournal, Vol 12, Uitgawe 1, April 2019, How Do We Know? What Do We Do?, 13 bladsye.

2019 FERREIRA-MEYERS, K. Medical narratives in the South African novel: Case Study of Chris Karsten’s trilogy The Skin Collector (2012), The Skinner’s Revenge (2013) and Face-Off (2014), in Arno Görgen, German Alfonso Nunez and Heiner Fangerau (eds), Handbook of Popular Culture and Biomedicine, Knowledge in the Life Sciences as Cultural Artefact, Cham: Springer International Publishing AG, Part of Springer Nature, ISBN 978-3-319-90676-8, 2019, pp. 195-206.

Foto - Prof van Coller
Prof HP van Coller

Hendrik Petrus (Hennie) van Coller is navorsingsgenoot van die Universiteit van die Vrystaat en buitengewone professor aan die Noordwes­ Universiteit.  Hy is een van die mees gerekende navorsers in die veld van Afrikaans en Nederlands en o.a. die ontvanger van die Jan H. Marais prys vir ’n lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.  Boonop is hy ook 'n poësievertaler (Bandelose gedigte van Luuk Gruwez, 2007) en 'n gepubliseerde digter (Soom, 2012). Sy belangrikste publikasies sluit in die bundels opstelle, Tussenkoms en Tussenstand, Perspektief en Profiel en die Nederlandse Literatuurgeskiedenis in Afrikaans. Hy is ’n vorige voorsitter van die Suid­ Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en ook lid van ASSAF.

Jan H. Marais prys vir ‘n lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal

Marietjie Lambrechts
M Lambrechts

Na-skoolse kwalifikasies: B Iur LLB , MA (Taalstudie) Tans besig met MA in Kreatiewe skryfwerk, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat

Getroud met Hennie Lambrechts, argitek van Bloemfontein

Belangstellings Akademies: Literatuur (Migranteliteratuur, Intertekstualiteit), Klassieke Griekse Letterkunde en Filosofie

Ander: Organiese tuinbou, Kuns, Argitektuur, Reis en die Natuur.

Charl-Pierre Naudé
C Naudé

Charl-Pierre Naudé is ’n skrywer, digter, vryskut-joernalis en -redigeerder; resensent van literêre publikasies; joernalistieke skrywer van sake rondom politiek en kultuur; en navorser van temas rakende die letterkunde, kultuur en filosofie. Hy is ook ’n bloemleser van poësie en ’n vertaler van poësie.

In 1988 behaal hy die graad B.A. (honneurs) in Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en in 2016 die M.A.-graad in teorie van kreatiewe skryfwerk, literêre kritiek en skeppende skryfkuns met onderskeiding aan die Universiteit van die Vrystaat.

Hy is sedert 2016 ’n navorsingsgenoot van die departement Afrikaans en Nederlands; Duits en Frans aan die UV. In die verlede lewer hy akademiese lesings aan ʼn verskeidenheid instellings in Suid-Afrika, België, Duitsland en Pole op ʼn ad-hoc basis van uitnodiging.

Hy is die outeur van die digbundels Die Nomadiese Oomblik (Tafelberg, 1995); In die geheim van die dag (Protea Boekhuis, 2005); Sien jy die hemelliggame (CBK, Zeeland, Nederland 2008); Against the light (Protea, 2007); en Al die lieflike dade (Tafelberg, 2014); en die samesteller van die bloemlesings My ousie is ’n blom (Snailpress, 2006) en Nuwe Stemme 6 met Bibi Slippers (Tafelberg, 2017).

Hy het die Ingrid Jonker-Prys (1997), die MNET-Prys vir Afrikaanse digkuns (2005), Protea-Prys (2005) en die South African Literary Awards (SALA) se toekenning vir Afrikaanse digkuns (2015) ontvang en was in 2014/15 ’n jaarlange verblyfstipendiaat van die Deutscher Akademischer Austauschdienst (DAAD) se Kunstlerprogramm te Berlyn, Duitsland.

Sy navorsingsfokusgebied is dikwels interdissiplinêr en letterkundig/ filosofies vergelykend van aard. Tans werk hy as navorsingsgenoot oor vertaalteorie.

Prof dr hab J Koch_Small
J Koch

Jerzy Koch is sedert 1997 verbonde aan die Adam Mickiewicz-Universiteit in Poznań, Pole, waar hy ’n vasaangestelde professor en hoof van die Departement Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies in die Fakulteit Engels is. Hy was ook verbonde aan die Universiteit van Wrocław (1985-2011) waar hy die Departement vir Moderne Nederlandse Literatuur en Afrikaans binne die Leerstoel vir Nederlandse Filologie opgerig het wat nou deur een van sy leerlinge oorgeneem en gelei word.

In 1991 verwerf hy met ‘Grote Onderscheiding’ ’n Ph.D. in letterkunde en wysbegeerte aan die Katolieke Universiteit Leuven (België) met sy proefskrif oor die resepsie van Multatuli in Pole. Sedert 1992 hou hy hom besig met Afrikaans en (Suid-)Afrikaanse literatuur.

Hy was sewe jaar lank ’n gasdosent aan die Universiteit van Debrecen (Hongarye) en het ook lesings gegee in Olomouc, Wene, Leiden, Bloemfontein, Stellenbosch, Curaçao, en ander. Sedert 2014 gee hy gereeld lesings en kursusse vir studente op die sogenaamde Nederlandse Antille.

Hy is outeur van o.a. volgende boeke: Outsider onder de zijnen. Vormen van xenofanie in de Afrikaanse roman (2002), Wenus Hotentocka i inne rozprawy o literaturze południowoafrykańskiej (2008), Historia Literatury południowoafrykańskiej. Literatura afrikaans XVII-XIX wiek (2004), Historia Literatury południowoafrykańskiej. Literatura afrikaans. Okres usamodzielnienia 1900-1930 (2012), A History of South African Literature. Afrikaans Literature. Part One: From the 17th to the 19th Century (2015).

Hy is outeur van artikels in o.a. Spiegel der Letteren, Hollands Maandblad, Over Multatuli, Stilet, Tydskrif vir Letterkunde, Acta Academica, Literator. Hy is oprigter en hoofredakteur van die tydskrif Werkwinkel: Journal of Low Countries and South African Studies en dien op die redaksie van LitNet.

Hy is ook aktief as vertaler van die Nederlandse en Afrikaanse literatuur (Multatuli, H. Mulisch, H. Claus, H. de Coninck, A. Krog en B. Breytenbach). Hy het in 1995 die Nijhoffprys vir sy vertaaloeuvre ontvang.

Joanita Erasmus
J Erasmus

Joanita Erasmus-Alt is ʼn musiek-onderwyseres verbonde aan die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein. In 2006 verwerf sy ʼn meestersgraad in musiek aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2013 word twee van haar kortverhale onder LitNet se top 15 kortverhale van die jaar geplaas. Met die voltooiing van ʼn M.A.-graad (kreatiewe skryfwerk) (met lof), ontvang sy in 2013 die Gerhard Beukes-prys vir skeppende skryfwerk van die Universiteit van die Vrystaat. In 2016 verwerf sy ʼn Ph.D.-graad in die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat met ʼn proefskrif getiteld “Grensoorskryding in Alfabet van die voëls deur S.J. Naudé en Sondag op ʼn voëlplaas deur Johann Nell”.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block