Gesellig Afrikaans Taalverwerwing Kort Leerprogramme
Die kort leerprogram, Gesellig Afrikaans, gemik op vreemdetaal-sprekers, word elke semester aangebied en is gemik op personeel, internasionale studente en lede van die publiek wat daarin belangstel om ’n nuwe taal aan te leer. Hier is van die suksesvolle studente en die twee fasiliteerders van die eerste semester van 2025.
Kontak die kursusadministrateur,
Karen Combrinck CombrinckK@ufs.ac.za of die SLP-eienaar,
Prof Angelique van Niekerk VniekA@ufs.ac.za vir meer inligting en toekomstige inskrywings. Registrasies vind in Januarie en Junie vir die onderskeie SLP’s wat in Afrikaans, Nederlands en Frans aangebied word, plaas.