Internasionale redenaarskompetisie vir Nederlands
Marita Oosthuizen, ’n student in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans by die Universiteit van die Vrystaat, was een van die finaliste van regoor die wêreld wie na Nederland en België gereis het om aan die Internasionale Redenaarskompetisie deel te neem.
Die program is moontlik gemaak deur die bydrae van vele hande, naamlik: Liesbet Winkelmolen van die Universiteit Leiden, die werknemers van die Taalunie en IVN, die Ministerie van Onderwys, Kultuur en Wetenskap, die beoordelaars, Wim Vandenbussche, DeBuren, die dosente van die deelnemers, dagvoorsitter Pim van den Dool, die Onderwys- en Wetenskapsattachés en natuurlik Valeriia Hoogesteger-Maiboroda, wat alles gereël het.
Die week was gevul met talle onvergeetlike ervarings. Die hoogtepunt was die finale op Vrydag by die Universiteit Leiden, waar Lara Hörnemann van Münster as wenner uit die stryd getree het, maar soos menigmaal daardie dag gesê is, was hulle almal wenners. Hulle het almal op Saterdag in De Taalstaat opgetree.
’n Hartlike gelukwensing aan Marita Oosthuizen met hierdie besonderse prestasie.