Zomercursus vir Nederlands
 

Tanya Kruger, ’n student van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, by die Universiteit van die Vrystaat, het die voorreg gehad om na haar 2de CNaVT- eksamen in Mei 2025, die Zomercurcus 2025 in Gent, België by te woon.

Die Zomercursus is ’n  twee weke kursus, wat geduur het vanaf die 3de Augustus tot die 16de Augustus 2025. Dit word deur die Taalunie en die Universiteit Gent aangebied. Die kursus verbreed studente se akademiese kennis en Nederlandse-vaardighede. Daarby word studente blootgestel aan die kultuur van Vlaandere en Nederland. Dosente kom van beide België en Nederland om te verseker dat studente kennis maak met beide lande se taal. Die kursus bestaan uit vier trajekte: media en politiek, kuns en literatuur, saaklike en literêre vertaling, didaktiek en taalkunde.

In die twee weke het Tanya verskillende aktiwiteite gedoen. Van didaktiek en taalkundetrajek bywonings tot wandeling deur Brussel om meer te leer oor die besienswaardighede.

Tanya oordeel dat die twee weke vol gepak was met kennis, herinneringe en nuwe vriende. “Ek onthou dat ’n paar van ons tydens ’n middagete gesels het oor die groot verskille in ons kulture en taal, maar ook dat ons ooreenkomste sien. Ek kon die waarde in diversiteit sien en het ’n groter waardering daarvoor. Dit is nie aldag wat sulke wonderlike geleentheid oor jou pad kom nie. Ek is geweldig dankbaar dat ek hierdie geleentheid kon bywoon.” 
 

Picture1
Picture2

 

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block