Die departement staan binne die universiteit bekend as een van die eenhede wat deurgaans onder die voorstes is wat navorsingsuitsette betref. In sy lang geskiedenis het al heelwat publikasies die lig gesien. Nie net het Malherbe en Beukes hul grootste korpus skeppende werk voltooi terwyl hul verbonde was aan dié departement nie; GJ Beukes en F Lategan publiseer 'n literatuurgeskiedenis, 'Skrywers en Rigtings', JC Steyn skryf sy outobiografiese vertelling, 'Hoeke boerseuns ons was' en publiseer ook etlike wetenskaplike werke (waaronder monumentale biografieë oor NP van Wyk Louw. M.E.R en Piet Cillié). Gerekende navorsers was en is deel van die personeelkorps van hierdie departement. Dit sluit o.a. Jan Senekal, Charles Malan, MCJ van Rensburg, HP van Coller, Daniel Hugo, GJ van Jaarsveld, C van den Berg, N Morgan en die Hertzog-pryswenner Henning Pieterse.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block