Assistent by die Duitse afdeling verwerf Goethe Instituut sertifikaat


Die assistent by die Duitse afdeling van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Lize Botha, het die internasionaal-erkende Goethe Instituut se B2-vlak (intermediêre) eksamen op 30 Junie 2022 geskryf. Wanneer kandidate hierdie eksamen slaag, beteken dit dat kandidate gevorderde taalvaardighede het en dat dit ooreenstem met die vierde vlak (B2) van die sesvlak-bevoegdheidskaal wat in die “Common European Framework of Reference for Languages” (CEFR) gevestig is. Sy het al 4 afdelings van die eksamen geslaag, naamlik: Lees, Luister, Skryf en Praat en het haar amptelike B2-vlaksertifikaat van die Goethe-instituut verwerf. Die Duitse afdeling, onder leiding van Prof. Cilliers Van den Berg, tesame met sy kollega, Dr. Trudie Strauss, asook die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans wil graag vir Lize gelukwens met die verwerwing van haar sertifikaat.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block