In die rede geval (Charl-Pierre Naudé)
Dr Charl-Pierre Naudé, navorsingsgenoot van departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het onlangs ‘n nuwe boek, In die rede geval, die lig laat sien. Luister gerus na die gesprek met Naudé tydens die boekbekendstelling in Bloemfontein.
Reinaard die Vos. ʼn Vrye vertaling van Van den Vos Reynaerd. Vertaal en berym deur H.J. Pieterse (Henning Pieterse)
Hierdie nuwe boek uit die pen van Henning Pieterse is op 14 Oktober 2023 in Kaapstad en op 25 Oktober 2023 in Bloemfontein bekendgestel.
Tydens die boekbekendstelling op 25 Oktober is die Afrikaanse vertaling van Faust deur Robert Schall ook bekendgestel. Prof Johann Roussouw en Dr Mathilda Smit het met die twee skrywers gesels oor die hul onderskeie werke.