Praktykpaneel 2022-2024


Die nuwe praktykpaneel vir 2022-2024 is onlangs verkies. 
Die lede is:  Ivor Price, Nelleke de Jager, Mariska van Staden en Wyno Simes.

Ivor Price
Ivor Price


Ivor Price het in die laaste 21 jaar as joernalis reeds verskeie plaaslike en internasionale pryse gewen. Dit sluit vier ATKV-Mediaveertjies in waar oor die jare heen al as Suid-Afrika se beste rubriekskrywer, TV- en radioaanbieder aangewys is. Hy is die medeskrywer van twee boeke, Hartstories van ons land se boere en For the love of the land. Hy is tans die hoofredakteur van Food For Mzansi, ‘n landbou-nuusplatform wat as Afrika se beste nuwe nuuswebwerf aangewys is.


Nelleke de Jager
Nèlleke de Jager


Nèlleke de Jager het meer as twintig jaar uitgewerservaring. Sy het begin by Tafelberg, waar sy o.m. die Nuwe stemme-poësiereeks geloods het, en bevoorreg was om o.a. Anchien Troskie en Wilna Adriaanse uit te gee. Hierna word sy uitgewer by Kwela Boeke, vir sewe baie opwindende jare. Hoogtepunte sluit in skrywers soos Kgebetli Moele, Noziziwe Cynthia Jele, Sifiso Mzobe, E. (Sussie) Kotze, Willem Anker, en Ronelda S Kamfer, en ook die Sapphire-liefdesverhaalreeks. In 2012 ná ’n sabbatsverlof word sy digitale uitgewer by NB waar sy omgesien het na digitale strategie vir die uitgewersgroep, bv. met projekte soos NB Luisterboeke en Storierak. In 2015 word sy uitgewer by Human & Rousseau Fiksie, waar sy woeker met die manuskripte van skrywers soos Jan van Tonder, Jolyn Phillips, Ingrid Winterbach, Brian Fredericks, Chris Karsten, Nataniël en Azille Coetzee. Sy woon in Seepunt en het een seun.

Mariska van Staden
Mariska van Staden


Mariska van Staden is tans verbonde aan Hoërskool Fichardtpark (vir 15 jaar) waar sy Afrikaans Huistaal vir graad 8 tot 12 aanbied. Vanaf die tweede kwartaal 2022 sal sy verbonde wees aan Oranje Meisieskool.

Sy beklee ook ‘n posisie as senior merker wat jaarliks, na afloop van die NSS-eksamen, nasien. Sy het ‘n honneursgraad in taalstudie (met lof) by die UV verwerf. Haar passie is hokkie en het Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig. Sy is ‘n hokkieafrigter, skeidsregter, keurder en ook die ondervoorsitter van Vrystaat-dogtershokkie.

Me. Van Staden het ‘n passie vir Afrikaans en leef haarself deur haar taal uit. Sy het ‘n liefde vir kinders en beskou dit as ‘n groot voorreg om elke dag met die kroon van God se skepping te werk.


 
Ad-and
  
Lees gerus meer oor die praktykpaneel se interessante inligtingsessie vir studente soos gehou op 2 Junie 2023 hier

Praktykpaneelsessie 2023
  • img_5490
  • img_5490
  • img_5490
  • img_5490
  • img_5490
  • img_5490
  • img_5490
  • img_5490
  • IMG-20230602-WA0005
  • img_5490

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block