Adviespaneel vir Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans bied inligtingsessie aan vir studente en personeel

 

Op 13 Oktober het die bekende en bekroonde skrywer en resensent Charl-Pierre Naude, met studente en personeel van die departement gepraat oor die werk, uitdagings en slaggate van resensieskryf.  Naudé het o.a. gekyk na die intellektuele omgewingsfaktore waarbinne die resensent vandag in Suid-Afrika sy rol moet vervul en ook wenke gegee oor sy eie gekose riglyne by die skryf van ʼn resensie.

Aan die een kant staan die akademiese resensie met sy oogmerke van “objektiewe” beoordeling. Aan die ander kant staan die resensie gebore uit die New Journalism-skool van skryf, wat die beoordelaar hom/haarself midde in die resensie plaas, en wat glo dat alle oordele subjektief is maar dat daar na die verantwoordbare subjektiewe oordeel gestreef moet word. Hy het die gevare en die winste van elke benadering uitgewys en ook die gehoor bedag gemaak op foute wat vermy moet word by die skryf van ‘n resensie.

Die tweede spreker by die geleentheid was Mariska van der Merwe, ‘n onderwyseres aan die Meisieskool Oranje.  Aangesien ‘n groot hoeveelheid van die studente onderwys as loopbaan oorweeg, kon sy waardevolle inligting gee oor die uitdagings  van die onderwys as beroep, oor die verwagtinge van ouers, kinders en skoolhoofde, sowel as lig werp op die administratiewe las wat onderwysers ook moet dra.  Sy kon studente sinvol help voorberei vir ‘n onderwysloopbaan. 


ANDF1

Mariska van der Merwe en Charl-Pierre Naude tydens die Adviesraadbyeenkoms.

ANDF2

By hierdie geleentheid is boekpryse ook oorhandig aan die toppresteerders van die Nederlandse module in die tweede studiejaar.  Die studente het Nederlandse woordeboeke ontvang wat vir hulle baie sal beteken as hulle in 2023 die internasionale CNaVT-eksamen aflê. 



Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block