prof. Jaap Steyn Boekbekendstelling-5
JC Steyn en Afrikaans – ’n Viering

Hierdie boek (onder redaksie van proff Angelique van Niekerk, Hennie van Coller en Bernard Odendaal) dien as ’n huldigingspublikasie vir prof JC Steyn, navorsingsgenoot en oud-kollega van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans. Lees die volledige berig oor die boekbekenstelling hier


Van ons personeel en navorsingsgenote is bekend vir die kreatiewe uitsette wat hul lewer. In die laaste paar jaar het bekroonde publikasies en vertalings verskyn van o.a. proff Henning Pieterse, Naomi Morgan, Hennie van Coller en Jerzy Koch, sowel as van dr Francois Smith en Charl-Pierre Naudé.

Verbintenis en venter (H.P. van Coller)

Die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede word hier bespreek. Hierdie omvattende en interessante werk gee ’n oorsig oor die Nederlandstalige letterkunde van die Middeleeue tot en met 2015. Van die voorste Nederlandici uit Suid-Afrika, Nederland, België, Engeland en Pole het ’n totaal van 47 skrywersprofiele geskryf.

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey
Prof Angelique en CP Naude
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey (Charl-Pierre Naudé): Die eerste roman uit die pen van die bekende digter, Charl-Pierre Naudé, het onlangs verskyn en is op Donderdag 31 Januarie bekendgestel in die Eeufeeskompleks. Tydens die geleentheid het dr Francois Smith ʼn onderhoud met Naudé gevoer. Hierdie publikasie is ʼn uitvloeisel van die M.A. in Kreatiewe Skryfwerk in Afrikaans wat Naudé aan die UV gevolg het.

Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey is die nuwe roman deur Charl-Pierre Naudé, navorsingsgenoot in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Die roman is ’n eerste vir Naudé. Hy het reeds vier digbundels gepubliseer en is ’n digter van beroep. Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey is sy eerste sprong vanaf poësie na prosa. Hy is ook ’n voormalige wenner van die Ingrid Jonker-prys vir poësie.

Die boek is op Donderdag 30 Januarie 2019 op die Bloemfontein-kampus van die UV bekendgestel. Naudé was in gesprek met dr Francois Smit, ook verbonde aan die Department Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, en die twee het probeer om die wêreld van die hoofkarakters te probeer ontleed, maar Naudé wou nie te veel weggee nie. “Ek dink mense moet die boek lees,” het hy gesê.

Boek vertel die stories van karakters

“Die boek is ’n ek-verteller-storie wat deur een van die karakters vertel word. Ek wou ’n sekere bluf speel deur die boek om te bepaal wie presies die skrywer van hierdie boek is,” sê Naudé. Die boek is nie heeltemal verklaarbaar nie. “Ek wil hê die leser moet die heeltyd voel dat dit nie absoluut waar is nie.”

"Die boek poog om die geestelike en fisiese wêrelde te kombineer,” se Naudé. Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey is in wese ’n hartverskeurende liefdesverhaal waar die twee wêrelde saamsmelt, maar tog nooit meng nie.

Kreatiewe skryfkunskursus herleef

Dit is die eerste boekpublikasie na die herlewing van die kreatiewe skryfkursuss by die UV in 2015 – en wat ’n boek om dit mee te begin! “Die boek is Charl-Pierre se kreatiewe uitsette wat deel uitmaak van sy kreatiewe skryfkursus,” het die departementshoof, prof Angelique van Niekerk, gesê.

“Dit is vir ons departement van groot belang om deel te kon wees van hierdie boek,” het dr Smith gesê.

Lees hier die artikel wat in die Huisgenoot gepubliseer is.

Charl-Pierre Naudé saam met prof Angelique van Niekerk na afloop van die gesprek en bekendstelling van sy boek.

Foto: Rulanzen Martin


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block