Book Launch
Francois Smith, dosent by die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans (UV) en Anton Roodt, navorsingsgenoot en oud-student van die departement, is albei genomineer vir die kykNET-Rapportboekprys, sowel as vir die Jan Rabie-Rapportboekprys. Beide boeke “Die kleinste ramp denkbaar” en “Weerlose meganika” word uitgegee deur Tafelberg-uitgewers. Die studente in die M.A.-program vir Kreatiewe Skryfkuns in Afrikaans by die UV is in baie goeie hande.
Lees meer hier.
 
Francois

Francois Smith (dosent, Afrikaanse letterkunde, UV) se nuwe roman Die kleinste ramp denkbaar het onlangs verskyn en is by boekwinkels beskikbaar. Prof Louise Viljoen het hierdie boek in ʼn resensie beskou as een van die literêre hoogtepunte van 2020. Lees gerus van die resensies en onderhoude by die volgende skakels:

Onderhoud op Litnet:
https://www.litnet.co.za/francois-smith-se-kleinste-ramp-denkbaar-gaan-boei-terroriseer/

Resensie deur Joan Hambidge:
http://joanhambidge.blogspot.com/

Onderhoud vir Rapport:
https://www.pressreader.com/south-africa/rapport/20200809/282862258234637

Kort video:
Vimeo

Jerzy Koch

Afrikaanse digbundel deur navorsingsgenoot, Prof Jerzy Koch

Afrikaans beskik oor ’n seggingskrag wat hy moeilik met ander tale kan vergelyk. Só sê Jerzy Koch wie se bundel gedigte, Pleks van plaas, pas verskyn het. Hy is onder andere hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies aan die Adam Mickiewicz-universiteit in Pole en doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die vertaler van werke van verskeie Afrikaanse skrywers in Pools. Hy het met Willem de Vries oor sy digbundel gesels. Lees die volledige onderhoud hier.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block