Prof Henning Pieterse - Tussen die abjekte en die eteriese.

Prof Henning Pieterse se nuutste boek, Tussen die abjekte en die eteriese. ‘n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq, is op Donderdag 21 Junie bekendgestel in die Eeufeeskompleks. Die geleentheid is deur 30 gaste bygewoon.

Tydens die bekendstelling het dr Francois Smith ‘n onderhoud met prof Pieterse gevoer oor die ontstaan en afloop van die publikasie. Mnr Albertus Barkhuizen van die afdeling Frans het ‘n paar van die oorspronklike gedigte voorgelees, gevolg deur die Afrikaanse weergawes, gelees deur prof Pieterse.

Die boek word gepubliseer deur Protea Boekhuis, Pretoria, en is in die handel verkrygbaar teen R260.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block