Datum: Vrydag, 15 September 2017

Tyd: 12:00-13:00

Plek: FGG201

Van "moet-wees" tot "so-heid": Die antropiese beginsel en/(in?) Die boek van toeval en toeverlaat (Ingrid Winterbach)

Spreker: Henning Pieterse, bekroonde skrywer en vertaler, professor in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV

Die lesing word in Afrikaans aangebied.

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, in samewerking met die Departement Filosofie aan die UV, gaan ’n openbare lesing aanbied.

Ons organiseer minstens twee keer per kwartaal so 'n openbare en akademies-populêre lesing waarheen kollegas, studente en vriende van ons twee departemente genooi word.

Plaas jou naam op die adreslys via me L Du Preez: dpreezl@ufs.ac.za

  • Datum: Vrydag 15 September 2017
  • Tyd: 12:00-13:00
  • Plek: FGG201

AGTSTE lesing in 2017: Van "moet-wees" tot "so-heid": Die antropiese beginsel en/(in?) Die boek van toeval en toeverlaat (Ingrid Winterbach)

Spreker: Henning Pieterse, bekroonde skrywer en vertaler, professor in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV

OPSOMMING

Die protagonis in Die boek van toeval en toeverlaat (2006) is Helena Verbloem, 'n leksikograaf werksaam in 'n museum in Durban. Nadat haar versameling skulpe - haar "hemelse boodskappers" - gesteel word, gaan sy op 'n speurtog om die skulpe terug te kry. Hierdie tog lei tot 'n wetenskaplike "reis" waartydens Helena meer te wete kom oor die ontstaan van die heelal en die ontstaan en aard van lewe.

In hierdie lesing word die antropiese beginsel, 'n kontroversiële filosofiese oorweging dat waarnemings van die heelal versoenbaar moet wees met die bewuste en intelligente lewe wat dit waarneem, ingespan om Helena se reis en wetenskaplik-filosofiese bevindings fyner te ondersoek.

Stephen Hawking parafraseer die antropiese beginsel soos volg: "We see the universe the way it is because we exist". Swak en sterk weergawes van die beginsel word kortliks bespreek en dan toegepas op sentrale temas van die boek.

"Don't confuse language with reality. Human language is far better at capturing human experience than at expressing deepphysical laws" (Brian Greene)

"Science does not need mysticism and mysticism does not need science, but man needs both" (Fritjof Capra)


Datum: Vrydag, 18 Augustus

Tyd: 12:00-13:00

Flippie Groenewoud Gebou, Kamer 201

Fotomanipulasie in die joernalistiek: Euwel, kruk of reddingsboei?

Spreker: Albé Grobbelaar

Albé Grobbelaar doseer mediastudies en joernalistiek aan die Vrystaatse Universiteit. Hy is reeds veertig jaar lank aktief as joernalis betrokke in die wêreld van radio, televisie, die gedrukte media en deesdae digitale joernalistiek.

Die lesing word in Afrikaans aangebied.

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n populêre lesing aangebied deur die dept. Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV.

Ons organiseer minstens twee keer per kwartaal so ‘n openbare en akademies-populêre lesing waarheen kollegas, studente en vriende van ons twee departemente genooi word.

Tolkdienste is beskikbaar.

Plaas jou naam op die adreslys via mev. L Du Preez: dpreezl@ufs.ac.za

Datum: Vrydag 18 Augustus 2017 Tyd: 12:00-13:00 Plek: FGG201

SEWENDE lesing in 2017: Fotomanipulasie in die joernalistiek: Euwel, kruk of reddingsboei?

Spreker: Albé Grobbelaar

Albé Grobbelaar doseer mediastudies en joernalistiek aan die Vrystaatse Universiteit. Hy is reeds veertig jaar lank aktief as joernalis betrokke in die wêreld van radio, televisie, die gedrukte media en deesdae digitale joernalistiek.

OPSOMMING

Die manipulasie van inligting wat met die huidige vlaag Fop-nuus orals in die wêreld weer hoofopskrifte haal, is so oud soos die nuusmedia self. Een spesifieke komponent van die studie van inligting- en persepsiemanipulasie fokus op fotografie. Hoe lank word daar al met prentjies gepeuter? Wat is die implikasies hiervan? Kan daar samelewingsterreine wees, soos bv. die modewêreld, waar fotomanipulasie wel eties geregverdig kan word?

Die kwantumspronge wat tegnologie die afgelope twee dekades gemaak het, het ook die landskap van die fotograaf en van fotografie onherroeplik verander. In hierdie voorlegging word daar, aan die hand van 'n verskeidenheid kleurvolle karakters en voorbeelde, gekyk na hierdie verskynsel wat al talle loopbane en reputasies vernietig het.


Uitnodiging na Gedenklesing: PG du Plessis

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n gedenklesing vir PG du Plessis, aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.

Vriende en kennisse van PG du Plessis sal hulde bring aan die ontslape skrywer.

Tolkdienste is beskikbaar.

Datum: Woensdag, 21 Junie 2017
Tyd: 12:00-13:30
Plek: FGG 202

PROGRAM

12:00 Verwelkoming en inleiding. Prof Henning Pieterse, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

12:10 PG du Plessis: Mens, observeerder en woordkunstenaar by uitnemendheid. Prof Nico Luwes, Hoof: Departement Drama

12:30 Pieter Georg du Plessis: Skerpskrywer, Duiwelsadvokaat, Boerefilosoof. Me Leana Lategan, Hoofvakkundige: NALN

12:50 'n Ongenooide gas: PG en sy teksredakteur. Dr Francois Smith, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

13:10 PG du Plessis: Messelaar met woord en klip. Me Corlietha Swart, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

13:30 Afsluiting en bedankings


Prof Jeroen Darquennes, Taalconflict: Theorie en de Brusselse praktijk

Datum: 12 Mei 2017
Tyd: 12:00–13:00
Plek: FGG 184

In deze voordracht wordt taalconflict hoofdzakelijk vanuit een Europees perspectief benaderd. Na een korte schets van verschillende soorten taalconflict wordt vanuit een theoretisch perspectief ingegaan op uiteenlopende facetten van maatschappelijk taalconflict, namelijk: de oorzaken, de zichtbaarheid, de verschijningsvormen, de centrale thema's, het beleid ten aanzien van maatschappelijk taalconflict en de (mogelijke) gevolgen van dat beleid. De theoretische benadering wordt nadien getoetst aan een bondige bespreking van taalcontact en taalconflict in de Brusselse context. Daarbij zal vooral de huidige situatie belicht worden. De huidige situatie in Brussel zet niet alleen de traditionele opvatting over taalconflict in de Brusselse context onder druk. Ze toont ook aan dat het gepresenteerde theoretische kader verfijnd en/of zelfs geheel herzien moet worden. Interactie met de studenten is meer dan gewenst omdat ook zij vanuit de Zuid-Afrikaanse context een zinvolle bijdrage kunnen leveren aan het verder uitdiepen en/of het herzien van bestaande theoretische inzichten omtrent taalconflict.


AA NUUSVRUSTELLING 1
AA NUUSVRUSTELLING 2
AA NUUSVRUSTELLING 4
AA NUUSVRUSTELLING 5

NUUSVRYSTELLING: GEWILDE BLOKRAAITOERNOOI BY VRYSTAAT KUNSTEFEES 2017

Die baie gewilde RSG-Blokraaitoernooi word vanjaar vir die tweede keer by die Vrystaat-kunstefees, wat van 18 tot 22 Julie in Bloemfontein plaasvind, aangebied. Dit is die enigste Afrikaanse kompetisie van sy soort, en bied die geleentheid vir woord- en taalliefhebbers om hulle kennis van Afrikaans en hulle spoed teen ander mededingers te toets.

Die gedagte aan so ‘n toernooi het ontstaan by Anina Roux van XWord, ‘n maatskappy wat al die afgelope meer as dertig jaar blokraaie vir verskeie koerante, tydskrifte en webwerwe saamstel. Nadat die XWord-span ‘n paar jaar gelede die dokumentêre rolprent Wordplay, wat oor die New York Times se jaarlikse blokkiesraaitoernooi in die VSA handel, gesien het, is begin met beplanning om iets soortgelyks in Afrikaans te doen. En verlede jaar het die geleentheid uiteindelik opgeduik by die Vrystaat Kunstefees.

Die RSG Blokraaitoernooi word met die hulp van die Dept. Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV, en deur RSG op die universiteit se kampus aangebied. Die projek word ondersteun deur die Dagbreek Trust. Tydens verskeie uitdunrondes op Vrydag 21 Julie, sal deelnemers elk drie verskillende soorte blokkiesraaisels, wat deur XWord saamgestel is, moet invul. Punte word toegeken volgens ‘n formule waar korrektheid en spoed gemeet word. Die Toptien-deelnemers dring deur na die halfeindronde op Saterdag 22 Julie, waarna drie finaliste gekies word om in die Groot Eindstryd teen mekaar te staan te kom.

‘n Mens kan wel 'oefen' vir so ‘n toernooi deur vooraf so veel as moontlik blokkiesraaisels in te vul en te probeer om dit so vinnig moontlik te doen. Waar spoed deurslaggewend is, is dit belangrik vir die invuller van ‘n blokraaisel om nie by moeilike leidrade vas te haak nie, maar om eers die makliker antwoorde in te vul. Met die ingevulde blokkies wat mekaar dan kruis, is die kans groter om ook die moeiliker antwoorde te kry.

Verlede jaar se wenner en Suid-Afrika se eerste nasionale blokraaikampioen, was Ilse van Hemert van Pretoria. Me Van Hemert het met ‘n totaal van meer as 9 000 punte in die eindstryd haar twee opponente, Jo Hiemstra van Bloemfontein en Willie Pretorius van Pretoria, uitgestof om die gesogte titel in te palm. Die toernooi het wye belangstelling uitgelok en is deur deelnemers van so ver soos Kaapstad, George en selfs Namibië bygewoon.

Meer inligting oor die 2017 RSG-Blokraaitoernooi is beskikbaar by www.xword.co.za. Mense wat dit oorweeg om deel te neem, word versoek om vooraf hulle naam, selfoonnommer en e-posadres te stuur aan Albe Grobbelaar van XWord, sodat beplanning vir die aantal verwagte deelnemers gedoen kan word. Die adres is albe@bfn.co.za

Die koste om deel te neem is R100, wat op die dag van die uitdunne by die lesinglokaal, Suidblok 1, op die kampus betaalbaar is. Geen inskrywingsgeld is betaalbaar vir die finaliste wat op Saterdag, 22 Julie aan die laaste rondes deelneem nie. Die publiek kan ook gratis kom kyk na die eindstryd.

Belangstellendes is welkom om aan meer as een van die uitdunne deel te neem, wat die kans om die halfeindstryd te haal, sal vergroot. Daar sal verskillende blokkiesraaisels by die verskillende uitdunne gebruik word.

Navrae:
Albe Grobbelaar
+27 82 447 1900
albe@bfn.co.za


NALN

Kom besoek die Vriende van NALN se Boekemark

by die Volksblad Kos- en Kunsmark by Emoya Estate,

op Saterdag 27 Mei 2017, van 09:00 tot 14:00

vir ’n keur van tweedehandse boeke uit NALN se Ketelkelder, soos boeke deur Boerneef, DF Malherbe, CM van den Heever en vele ander.

Kleuters kan kom luister na stories uit NALN se Storiesak op 27 Mei 2017. Ken u dalk iemand wat ’n goeie storieverteller is en wat graag by Emoya se storievertelsessies betrokke wil raak? Laat weet my gerus. Ons gebruik graag die Vriende van NALN se talente om ’n liefde vir Afrikaanse letterkunde by ons jeug aan te wakker.

Boeke uit Vriende van NALN se unieke Museumwinkel sal ook te koop wees, soos byvoorbeeld:

  • Bloemfontein in beeld 1860-1910 = Portrait of Bloemfontein 1860-1910 / Schoeman, Karel. -- Kaapstad: Human & Rousseau, 1987 (@ R200).
  • Vrystaatse erfenis : bouwerk en geboue in die 19de eeu / Schoeman, Karel. -- Kaapstad: Human & Rousseau, 1982 (@ R200).
  • Vrystaatse argitektuur : histories-argitektoniese ontwikkeling van die Vrystaatse boukuns: 'n oorsig / Nienaber, PJ; Smit, JD, mede-out.; Botes, SM, mede-out. -- Bloemfontein: Stigting NALN, 1987 (@ R200).
  • Die Vierde Raadsaal, Bloemfontein / Oranje-Vrystaat. Provinsiale Raad. Uitvoerende Komitee. -- [Bloemfontein] Die Raad, [19-] (@ R200).
  • President Brandstraat = President Brand Street / Van Schoor, MCE -- Bloemfontein: Stadsraad, 1988 (@ R50).

NALN is geleë op die h/v Miriam Makeba- (voorheen Elizabeth-) en President Brandstraat, Bloemfontein. Parkering is beskikbaar by die hoofingang, vanuit President Brandstraat.

Navrae: Annelien Diedericks, tel. 051 405 5407 / vriendevannaln@gmail.com

Nooi asseblief u vriende om aan te sluit by die Vriende van NALN-vereniging vir 2017 en lewer ’n aktiewe bydrae as gewone lid, student of instansie, of hernu gerus u lidmaatskap. Die lidmaatskapvorm en grondwet is beskikbaar by NALN se webwerf: http://www.fssacr.gov.za/internet/index.php/NALN (punt 10), of stuur ’n boodskap aan vriendevannaln@gmail.com en ontvang dié twee dokumente. Skakel gerus in by die Vriende van NALN se facebook-blad: https://www.facebook.com/vriendevannaln?fref=ts


Literatuurfees by NALN

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is ’n trotse Literatuurfeesvennoot, met die aanbieding van vyf uithalerproduksies in samewerking met Theo Kemp (programbestuurder) en Alma Struwig (Exclusive Books), in die NALN-ouditorium, 17-21 Julie 2017, elke aand om 18:00, as deel van die Vrystaat-kunstefeesprogram. Bespreek by Computicket (@ R20, ’n glas wyn ingesluit). Die program verskyn op die webwerf http://bit.ly/VSKunstefees2017

Spikkels en spatsels uit Bloemfontein se verlede met Hannes Haasbroek, Marianna Botes en Kobus du Preez op 2017-07-17, om 18:00 by NALN.

Hulde aan helde: Adam Small met Frazer Barry, Deniel Berry (Tribal Echo) en Abraham de Vries 2017-07-18, om 18:00 by NALN.

Die reis gaan inwaarts – Karel Schoeman met Cas Wepener, Rob van der Veer en Rian Venter 2017-07-19, om 18:00 by NALN.

Hulde aan helde: 110 Jaar Mofolo met Chris Swanepoel, Limakatso Chaka en Antjie Krog 2017-07-20, om 18:00 by NALN.

Hulde aan helde: Dot Serfontein met Leana Lategan, Susan Samuels en voorlesings deur Antoinette Kellerman, 2017-07-21, om 18:00 by NALN.


NALN is op die hoek van President Brand- en Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat). Daar is parkeerplekke op die teerblad langs die NALN-gebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

Skrywers uit alle oorde by literatuurfees in Bfn


Karel Schoeman

Bespreek by Computicket vir die bekendstelling van Cas Wepener se boek oor Karel Schoeman, Die reis gaan inwaarts, op 19 Julie 2017, om 18:00, in die NALN-ouditorium. Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is ’n trotse Literatuurfeesvennoot, met die aanbieding van vyf uithalerproduksies in samewerking met Theo Kemp (programbestuurder) en Alma Struwig (Exclusive Books), in die NALN-ouditorium, 17-21 Julie 2017, elke aand om 18:00, as deel van die Vrystaat Kunstefeesprogram (@ R20, ’n glas wyn ingesluit).

U word vriendelik uitgenooi na ’n openbare nabetragting oor die lewe en werk van Karel Schoeman, aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, in samewerking met die Departement Filosofie aan die UV. Vriende en kennisse van Karel Schoeman sal hulde bring aan die ontslape skrywer.

Tolkdienste is beskikbaar.


Datum: Donderdag, 11 Mei 2017

Tyd: 12:00-14:00

Plek: FGG 169


PROGRAM

12:00 Verwelkoming en inleiding: Prof. Henning Pieterse, Dept. Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

12:10 Karel Schoeman se beskouings oor die verbande tussen film- en skryfkuns: Dr. Francois Smith, Dept. Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

12:30 Karel Schoeman: 'n literêr-filosofiese beskouing van die mens en sy werk: Prof. Pieter Duvenage, Dept. Filosofie

12:50 'n Beskouing van Karel Schoeman se lewe en werk: Prof. Johann Rossouw, Dept. Filosofie

13:10 Brokkies onthou: Dr. Mercia Coetzee, Dept. Kommunikasiekunde en oud-kollega van Karel Schoeman

13:30 Hoe ek Karel Schoeman onthou: Jackie Steyn, vriendin van Karel Schoeman

13:50 Afsluiting en bedankings


NALN bring hulde aan “Die stil grensverskuiwer: Karel Schoeman, ’n getuie van sy tyd”


Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n populêre lesing aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, in samewerking met die Departement Filosofie aan die UV.

Ons organiseer twee keer per kwartaal so ‘n openbare en akademies-populêre lesing waarheen kollegas, studente en vriende van ons twee departemente genooi word.

Tolkdienste is beskikbaar.

Plaas jou naam op die adreslys via mev L du Preez: dpreezl@ufs.ac.za

Datum: Vrydag, 5 Mei 2017
Tyd: 12:00-13:00
Plek: Rindlsaal

VYFDE lesing in 2017: Afrikaanse dokter-digters

Spreker: Dr. David Griessel, Pediater en dosent in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid, UV

"Digter–dokter: Die woorde laat my dink aan die twee slange gekronkel om die staf van die caduceus, in twee- of twisgesprek. Ook ‘n beeld van twee wêrelde wat ons probeer versoen: verbeelding teenoor wetenskap; wysheid teenoor kennis; metafoor teenoor statistiek.

"Sekerlik is medisyne ‘n goeie teelaarde vir die persoon wat kreatief met woorde omgaan.

"Eerstens leer ons die mag van ‘n wetenskapstaal wat dinge benoem, omskryf, orden en wat ons gebruik om in te gryp in ons pasiënte se lewe. Tweedens kom die besef van die beperkinge van die rede, en die kontak met mense wat die sprong maak na die moontlikheid van betekenis wat flikker rondom “duister woorde”. Dikwels is die donker kant van medisyne, nl. ons onmag om alle pyn te verlig, alle probleme op te los en uiteindelik die konfrontasie met ons eie feilbaarheid, iets wat ons stimuleer om dit te ver-woord of te ver-beeld.

"Afrikaans het miskien die grootste aantal praktiserende medici gehad wat ook die moed gehad het om gedigte te publiseer, en om die sprong te waag wat gedagtes omskakel in iets meer blywend wat in die koue lug van die kritiese omgewing mag oorleef.

"Ek sal kortliks wys hoe temas wat hulle aanraak verander het oor Afrikaans se leeftyd , 'n kort biografie van elkeen gee en baie gedigte lees."



Vierde lesing in 2017: Afrikaans en/in die Katolieke Kerk

Die Katolieke Kerk is 'n groot instelling van 'n biljoen en 'n half mense. Die kerk word wêreldwyd deur middel van om en by 170 tale uitgeleef en in Suid Afrika bedien hy 6 taalstreke. Ten spyte hiervan word die kerk grotendeels as 'n "Engelssprekende Kerk" beskou en hierdie toedrag van sake kan voor die deur van Afrikaanssprekendes gelê word wat amper noodgedwonge hul taal en kultuur moes prysgee die oomblik toe hulle lidmate geword het.

Hierdie praatjie handel oor hoe ons Afrikaanse Katolieke lidmate hierdie uitdaging hanteer. Interessante data en gebeurtenisse sal bespreek word.

Datum: Vrydag, 21 April 2017
Tyd: 12:00-13:00
Plek: FGG377
Spreker: Vader Johnny Johnson, priester in die Katolieke Kerk, Bloemfontein
RSVP : By Ida voor 20 April (x2816)



Derde lesing in 2017: Academic language testing in English: A possible springboard for realizing linguistic human rights in South African higher education

Akademiese taalvermoë is vermoedelik ’n faktor in die lae graadslaagkoers waarvoor hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika tans te staan kom. Gevolglik moes universiteite akademiese taalintervensies begin onderneem, gerig op die verbetering van studente se vermoë om beter aan die taalvereistes van universiteitsonderrig te voldoen. Hierdie het weer gelei tot die gebruik van toetse vir akademiese taalvaardigheid deur studente, waar van toepassing, gepaste toetse te laat aflê. Een sodanige toets het geblyk definitiewe inligting te verskaf omtrent studente se gereedheid vir akademiese onderrig wat betref taal en, gekoppel hieraan, die potensiaal vir hulle om sukses in hulle studie te behaal. Die doel van hierdie aanbieding is om aan te toon hoe hierdie bevinding riglyne kan verskaf vir inisiatiewe om onderrig en leer in tale buiten Afrikaans en Engels te bevorder. Die aanbieding doen verslag oor die resultate van ’n voorspelbare geldigheidstudie wat twee toetse vir akademiese geletterdheid aan ’n universiteit van tegnologie behels het, en bring hierdie resultate in lyn met die strewe van ’n tradisionele akademiese universiteit om individuele en institusionele veeltaligheid te bevorder. Gebaseer hierop, wil die aanbieding ’n argument uitmaak vir geldige akademiese taaltoetsing as ’n wegspringplek vir moedertaalonderrig in navolging van linguistiese menseregte in Suid-Afrikaanse hoër onderwys.

Datum: 17 Maart 2017
Tyd: 12:00–13:00
Waar: FGG 377, Bloemfontein-kampus
Spreker: Dr Kabelo Sebolai



TWEEDE lesing in 2017: Is Afrikaans al voor 1652 gepraat? En daarna?

Hoe oud is Afrikaans? Die vroegste optekenings van Afrikaans dateer uit die vyftig- jaar-periode van voor 1652. ʼn Bespreking van enkele van daardie gevalle sluit aan by resente studies oor skraps data, wat besondere sosio-historiese betekenis het. Daar is Afrikaanse woorde wat heelwat ouer is as wat Afrikaanse taalhistorici vantevore aangedui het.

Hierdie data is betekenisvol omdat dit die inbeddingspatrone van taal in die geskiedenis van sy sprekers weerspieël. Wat het van hierdie vroeë Afrikaans geword, en is hierdie patrone aan die verander?

Datum: Vrydag 24 Februarie 2017
Tyd: 12:00-13:00
Plek: FGG 377
Spreker: Prof Christo van Rensburg



EERSTE lesing in 2017: “Rooigras is blou, as dit groen is” - Interessante Afrikaanse vakterme en plantname en moontlike verklarings

Afrikaans is ‘n ryk taal met wonderlike nuutskeppings en name. Die plantkunde-vaktaal en die algemene omgangstaal oor plante is vol interessanthede en staaltjies. Baie van die vakterme en plantname is van die betrokke plant se voorkoms afgelei of die naam beklemtoon een of ander sigbare of unieke eienskap. Sekere plante het medisinale waarde en dan het die plant sy naam as gevolg daarvan gekry. Ander plante se name is van die plaaslike bevolking oorgeneem. Daar is nog heelwat ander bronne van name vir ons plante. In die lesing word sal na al hierdie bronne gekyk word en sal dit met baie foto’s toegelig word.

Datum: Vrydag 10 Februarie 2017
Tyd: 12:00-13:00
Plek: EBW G4
Spreker: Prof Johann du Preez, ekoloog en dosent in die departement Plantkunde, Universiteit van die Vrystaat


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block