DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (4)

Van links is: Prof Hendri Kroukamp, waarnemende Viserektor: Akademie; prof Angelique van Niekerk, Departementshoof: Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans; dr Bettina Wyngaard; en prof Heidi Hudson, Dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe

Foto: Stephen Collett

Die skrywer en prokureur, Bettina Wyngaard, het die 34ste DF Malherbe-gedenklesing gelewer, met die tema Die politiek van die alledaagse. Sy het onder meer oor alledaagse kwessies soos taal, grond, en rassisme gepraat. Vanjaar se gaslesing het op 17 Mei op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) plaasgevind. Die gedenklesing word sedert 2011 elke tweede jaar aangebied.

Wyngaard is ook ’n aktivis wat haar vir die regte van vroue beywer, met ’n besondere belangstelling in geslagsgebaseerde geweld. Sowel haar BA- as LLB-graad is aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy sluit nou aan by ’n gesogte groep akademici wat voorheen hierdie lesing gelewer het. Van die vorige gaslesings is onder andere deur Coenie de Villiers, prof Jonathan Jansen, voormalige Rektor en Visekanselier van die UV, en prof Leopoldt Scholtz gelewer.

Rassisme, Taal, Grond en vele ander onderwerpe bespreek

Met die hewige debat oor taal, veral in die hoër onderwys, het Wyngaard die gaste versoek om haar die geleentheid te gun om in “die taal van haar hart”, Afrikaans, te praat.

“Wat ek vanaand wil doen, is om my gedagtes oor die storie van Suid-Afrika met u te deel. In hierdie storie is daar sekere woorde wat gereeld voorkom, en ek wil by sommige van daardie woorde stilstaan,” het sy gesê. Wat rassisme betref, het sy gesê dat elke Suid-Afrikaner op een of ander manier ’n swart gordel in rassepolitiek verwerf het.

“Ek wens en ek hoop dat die dag sal aanbreek waar ons verby velkleur kan kyk, en net ʼn persoon met ’n unieke persoonlikheid sal sien.” ’n Verdere wens is dat ons mekaar se kulture en tale sal aanleer.

Taal is een van die goed wat ons die meeste gebruik om ons uniekheid uit te druk. Dit word ongelukkig al hoe meer ’n “slagveld waar ons mekaar verwond en probeer doodmaak,” het sy gesê.

Vir Afrikaanssprekendes is die aanslag op Afrikaans ondenkbaar moeilik om te aanvaar, maar soos Wyngaard dit stel, “Hoeveel van ons probeer om basiese taalvaardigheid in ’n derde of vierde landstaal te verkry?” Wyngaard se stelling kan vertolk word as ’n manier om die reënboognasie se ideale te verwesenlik.

Wat grond en grondonteiening betref, het sy gesê dat boere en plaaswerkers in haar tuisdorp, Grabouw, hand aan hand werk. “In sommige gevalle het hulle die werkers aandeelhouers en mede-besluitnemers in die besighede gemaak.”

Ter afsluiting het sy gesê, “Aartsbiskop Tutu se reënboognasie bestaan wel. Dis in elkeen van ons. Dis in elke alledaagse interaksie wat ons elke dag met mekaar het.” Sy het weereens beklemtoon dat dit tyd is vir elke Suid-Afrikaner om moue op te rol en aan die werk te spring om te doen wat gedoen moet word.

Lees volledige toespraak hier

Video
Bettina Wyngaard

Die 2018 DF Malherbe-gedenklesing is op 17 Mei 2018 deur die bekende skrywer Bettina Wyngaard aangebied.

Fotos
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (7)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (8)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (4)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (6)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (3)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (5)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (1)
  • DF Malherbe Memorial Lecture-2018 (2)

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block