SESDE lesing in 2019: Musiek: Op en af, heen en weer, noot of nooit
Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n populêre lesing aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.
Datum: Donderdag 5 September
Tyd: 12:00-13:00
Plek: FGG201
SESDE lesing in 2019: Musiek: Op en af, heen en weer, noot of nooit
Spreker: Dr. Anneke Lamont, senior lektor, Departement Musiek, UV
Die metgesel wat die reisiger betower, ophef en inspireer, maar ook verniel, verrinneweer en verlei. Musiek – die geliefde en die onding.
Musiek as die De Profundis – die een wat uit die dieptes roep, skreeu en weergalm. Kan jy dit hoor?
Kom luister na Arvo Pärt se verstaan van hierdie kuns. Die stem van een wat roep in die woestyn, die plek van stilte.