Olga Kirsch: 'n Lewe in gedigte. Lesing deur Dr Egonne Roth

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n populêre lesing aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

Datum: Vrydag 28 Februarie 2020
Tyd: 12:00-13:00
Plek: FGG201

TWEEDE lesing in 2020: ‘n Reis deur die skryf van Olga Kirsch: ‘n Lewe in gedigte

Spreker: Dr Egonne Roth, dosent en outeur van ‘n biografie van die Joods-Afrikaanse digter Olga Kirsch

OPSOMMING

In hierdie lesing word die skryf van Olga Kirsch: ‘n Lewe in gedigte, Egonne Roth se biografie van die Joods-Afrikaanse digter Olga Kirsch (1924-1997) belig, vanaf die kiemsel-idee tot die voltooide produk.

Populêre lesing

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n populêre lesing aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.

Datum: Donderdag, 30 Januarie 2020
Tyd: 12:00-13:00
Plek: FGG201

EERSTE lesing in 2020: Franz Marx: akteur, skrywer, regisseur, vervaardiger en leuenaar

Spreker: Chris Vorster, bekende akteur, regisseur, draaiboekskrywer en dosent in die Departement Drama en Teaterkuns, UV

OPSOMMING

In hierdie lesing word ‘n voëlvlugperspektief op die lewe en werk van Franz Marx verskaf. Sy film- en televisiewerk is alombekend, maar dis sy werk agter die skerms wat hom een van die mees invloedryke kunstenaars in Suid-Afrikaanse televisie maak. “Jack of all trades” kan gerus maar in Afrikaans vertaal word na “Franz van alle ambagte”. Is Marx die mees invloedryke kunstenaar in die Suid-Afrikaanse televisiewese? Kom help my besluit.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block