Gesprek met prof. Jerzy Koch

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ‘n gesprek met prof Jerzy Koch, aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.

Datum: 15 Oktober
Tyd:  11:00
Plek: Equitas-senaatsaal

Jerzy Koch is ‘n professor in die Departement Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies in die Fakulteit Engels, Adam Mickiewicz-Universiteit, Poznan, Pole. Hy vertaal verskeie Nederlandse en Afrikaanse tekste in Pools en is die outeur van ‘n driedelige literatuurgeskiedenis van die Suid- Afrikaanse en Afrikaanse letterkunde. Vir sy vertalings is hy onder meer bekroon met die M. Nijhoff-prys. Prof. Koch is ook ‘n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy eerste Afrikaanse digbundel, Pleks van plaas, is in 2020 gepubliseer. Hy sal in gesprek wees met prof. Henning Pieterse oor sy literatuurgeskiedenis, asook oor sy digbundel.

Tolkdienste is op aanvraag beskikbaar. Bevestig asb. teen Maandag 11 Oktober die aanvraag. Die gesprek sal ook aanlyn beskikbaar wees. Plaas asseblief jou naam op die adreslys via M Pretorius ten einde die skakel te ontvang.

Slegs 30 persone reeds in besit van ‘n UV-kampuspermit kan weens Covid-regulasies toegelaat word in die lokaal. Bevestig asseblief dus jou fisiese aanwesigheid teen 11 Oktober.

Die skakel indien u aanlyn wil inskakel:

Microsoft Teams meeting
Join on your computer or mobile app
Click here to join the meeting
Learn More | Meeting options

Boekbekendstelling
Jery Robert Francois Henning

2021 – ’n Kreatiewe jaar vir personeel en studente van Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans

Neem kennis van drie kreatiewe uitsette

   ·  Pleks van plaas, Jerzy Koch

 Jerzy Koch is ʼn buitengewone professor in die Departement Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies in die Fakulteit Engels, Adam Mickiewicz-Universiteit, Poznan, Pole. Hy vertaal verskeie  Nederlandse en Afrikaanse tekste in Pools en is die outeur van ‘n driedelige literatuurgeskiedenis van die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse letterkunde. Vir sy vertalings is hy onder meer bekroon met die M. Nijhoff-prys.  Prof. Koch is ook ‘n navorsingsgenoot van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat. Met ʼn onlangse besoek aan Suid-Afrika (en ook aan die UV)  het hy onder andere gesels oor sy eerste digbundel in Afrikaans, Pleks van plaas, wat in 2020 gepubliseer is. Hy was op 15 Oktober, tydens ʼn geleentheid op die UV-kampus, in gesprek met prof. Henning Pieterse. Die bespreking is ook gestroom t. w. v. belangstellendes buite die UV-grense.

Lees gerus die volgende resensies van die digbundel:

http://joanhambidge.blogspot.com/2020/07/resensie-jerzy-koch-pleks-van-plaas.html

https://versindaba.co.za/2020/06/16/resensie-pleks-van-plaas-jerzy-koch/

 

   ·  Die Getuienis en Wat ek van klippe weet

Die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans was op 2 November 2021 bevoorreg om ʼn boekbekendstelling aan te bied vir Francois Smith se nuutste boek Die Getuienis waarvoor hy ʼn tweede plek in die NB-roman-kompetisie behaal het.  Robert  Schall se kreatiewe vertaling van die Duitse digter, Jan Wagner se gedigte, onder die titel Wat ek van klippe weet is by dieselfde geleentheid bekendgestel.

Francois Smith is senior lektor verbonde aan die departement en mede-aanbieder (saam met Henning Pieterse) van die M.A. in Kreatiewe Skryfwerk by die UV.  Robert Schall het sy boek voltooi as deel van die Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. 

Tydens die bekendstelling het prof. Henning Pieterse met beide skrywers gesels oor die skryfproses en die gehoor is bederf met voorlesings van bv. die oorspronklike Duitse gedigte, gevolg deur die Afrikaanse vertaling deur Schall.  Die luisteraars het ook ʼn kykie gekry in van die interessante momente en besprekings gedurende die kontaksessies van die  studente in die gestruktureerde M.A.-program vir kreatiewe skryfkuns.

Beide hierdie boeke het goeie resensies  van gerekende resensente soos Joan Hambidge en Louise Viljoen gekry. Die UV se M.A. in kreatiewe skryfkuns word by name genoem en daar word verwys na die  kwaliteit manuskripte wat via hierdie skryfprogram  op Magistervlak gelewer word.

’n Volgende boekbekendstellingsgeleentheid word vir vroeg in 2022 voorsien.

Lees gerus twee van die resensies by die volgende skakels:

https://www.litnet.co.za/resensie-die-getuienis-deur-francois-smith/

https://versindaba.co.za/2021/10/28/resensie-wat-ek-van-klippe-weet-jan-wagner-vert-robert-schall/


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block