Afrikaanse Weergawe

Ons eer Prof Christo van Rensburg

Prof Christo Janse van Rensburg, 'n oud-departementshoof van Departement Afrikaans en Nederlands (UV), is op 13 Augustus 2018 oorlede. Hy was vanaf 1982-1988 aan die UV verbonde en onder sy leiding is uitnemende navorsing oor Afrikaans en Nederlandse taalkunde gedoen.

Hy was veral bekend vir die werk wat hy gedoen het om Afrikaans se variëteite te identifiseer, op te teken, te ontleed en aan die wêreld bekend te stel. Aan die UV het hy onder meer aan die hoof gestaan van die omvattende ondersoek na die Afrikaans van die Griekwas.

Prof Van Rensburg se akademiese uitnemendheid is deur die jare met talle toekennings, eerbewyse en pryse erken. In 2018 alleen (op tagtigjarige ouderdom) het hy twee groot pryse ontvang, naamlik die Jan H Maraisprys vir uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal, sowel as die CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap. Hy laat ʼn indrukwekkende lys vakwetenskaplike bydraes agter (in die vorm van artikels, boeke en bydraes in boeke).

Ons sal hom as akademikus, vriend en ook voorbeeld mis.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block