Boektrommelprojek 2019

Die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans (UV) samel vanjaar weer boeke in as deel van die boektrommelprojek. Die boeke sal aan NALN (Nasionale Afrikaanse Literêre Museum en Navorsingsentrum) geskenk word vir hulle boekekelderverkoping.

Die Departement versoek alle kollegas, vriende en studente vriendelik om enige ou en onbenutte boeke te skenk. Ons fokus spesifiek op Afrikaanse en Engelse prosa, poësie, drama, kinderliteratuur, fiksie en nie-fiksie.

Boeke kan vanaf 1-20 September soggens by Kantoor 227 en 226, Flippie Groenewoudgebou, Blok B, afgelewer word.

Navrae: Dr M Smit

Boektrommelprojek 2018

Die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans stuur vanjaar ‘n boektrommelprojek van stapel om die biblioteke van plaaslike organisasies aan te vul.

Die departement versoek alle kollegas en studente vriendelik om enige ou boeke te skenk aan NALN – die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum.

Navrae: Carla Ellis (ellisc1@ufs.ac.za)

Argief

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block