Afrikaanse Weergawe
Die Afdeling Afrikaans en Nederlands nooi u vriendelik uit na ons eerste Nederlandse filmaand vir 2018.
Die film, The Broken Circle Breakdown (2012), word op Woensdag, 23 Mei, in die EBW Ouditorium vertoon.
Elise (Veerle Baetens) en Didier (Johan Heldenbergh) raak met die eerste oogopslag verlief. Sy besit haar eie tatoeëersalon en hy speel die banjo in ‘n “bluegrass band”. Hulle deel ‘n baie sterk passie vir Amerikaanse musiek en kultuur, met die gevolg dat hul romanse op en van die verhoog af blom. Wanneer ‘n onvoorsiene tragedie hulle familie tref, word alles wat hulle liefhet, getoets. Die film verskaf ‘n roerende blik op ‘n verhouding vanaf begin tot einde, wat vergesel word deur ‘n “foot-stomping bluegrass” klankbaan. The Broken Circle Breakdown is ‘n romantiese melodrama van die hoogste gehalte.
YouTube
Wanneer: Woensdag 23 Mei, 19:00
Waar: EBW Ouditorium
Besoekers moet asseblief by die HOOFHEK in Nelson Mandelarylaan inkom vir die film.
Wys hierdie uitnodiging by die hek vir maklike toegang of sê vir die sekuriteitswag dat u na die filmaand kom. Ons reël vroegtydig vir toegang by kampussekuriteit.