Die Afdeling Frans bestaan reeds onder verskillende name sedert 1912 (toe as deel van die departement Duits). Die Departement Frans is in 1959 amptelik ingestel. Alhoewel die meeste aandag steeds aan taal, kultuur en letterkunde bestee word, is daar ook ’n sterk besigheidskomponent.

Lesings word toegelig met films, dokumentêre films, chansons en die moontlikhede wat die Internet bied. Die afdeling het uitstekende betrekkinge met die Franse Ambassade se Bureau de Coopération Éducative (BCE) in Johannesburg, wat sorg vir goeie beursmoontlikhede in Frankryk.

By die jaarlikse prysuitdeling van die Fakulteit Geesteswetenskappe, word die Franse Ambassade-boekprys toegeken aan die beste senior student, asook ’n boekprys vir die beste Eerstejaarstudent, geskenk deur die BCE.

Die huidige lede van die personeel het almal opleiding oorsee ontvang. Die Franse biblioteek, wat oor jare opgebou is deur die vorige departementshoof, prof J Joubert, is een van die bestes in die land en spog met groot skenkings van onder andere die Franse Rotariërs.

Kontak ons gerus vir navrae (051 401 9022) ten opsigte van Frans aan die Universiteit van die Vrystaat


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block