Die ander suig suurlemoene en appelvelle, 

En ek beur vorentoe.
Ons ken nie ons eie paaie deur die berge nie
Maar die klipperige ruggraat ken sy eie pad na ons gedagtes toe.

En die stad draai saam, langsaam,
En ek besef dat ek weet
van dinge waarvan ek al moes geweet het
Maar dis al wat jy kan weet
(Aan hierdie kant van die berge)

En die ander het oë
Swart en blink soos stewels
En hulle marsjeer twee-twee
Wanneer sy na jou kyk:
Dit is die hartseerste hartklop
Dié kant van die berge.

En die sigaretstompie
Val van die visserman se lippe af, 
Terwyl hy in verwondering opkyk na
die lug: 
Terwyl onwerklike voëls, in 'n bestendige,
beweging uiteindelik huis toe gaan. 

En Gabriel staan onder bos en die maan;
Sien hulle soek en sien hulle treur.
Sien hoe hy 'n sambreel maak
van 'n bladsy uit die Boek;
Hierdie kant van die berge. 

En die res van ons lewe
Sal ons oomblikke versamel
(om te help met die vergetelheid
wat gereeld opvlam)
Dan doen ons maar wat ons kan, 
dit is al wat jy kan doen
(Aan hierdie kant van die berge)

Dis al wat ek kan doen: 
Ek en die ander -
Aan dié kant van die berge. 


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block