kreatiewekosidees.com

2 gaar hoenders – ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagne velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene gekerf
2 gekapte groenrissies (geel rooi en groen)
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek – gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 kop hoenderaftreksel
2 huisies knoffel gekap
Sout, peper, kruie en mosterd na smaak

Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis. Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle. Strooi kaas bo-oor en bietjie gekapte pietersielie of spruituie. Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorbeer. Bak by 180°C vir 45 minute.

Jy kan opsioneel bietjie ertjies byvoeg of gemengde veggie mix – dit rek die gereg en almal kry sommer hulle groente ook in.

Bedien met lekker broodrolletjies en mengelslaai


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block