...met high heels en lipstick (Teater)

Uitnodiging


Pa (Teater)

Pa


Kom kyk gerus na Elisabeth Eybers se Eeujaarherdenking-uitstalling met die titel 'Literêre dubbelburger: Ons digteres aan die grag', met subtitel: 'Pionier, tussenfiguur en ikoon' in die NALN-ouditorium.

’n Beduidende deel van Eybers se tasbare nalatenskap is onlangs uit Zuid-Afrika Huis in Amsterdam na Suid-Afrika verskeep, waar dit nou by NALN uitgestal word.

Besoektye: Maandag-Vrydag 08:00-16:00. H.v. Elizabeth- en Pres Brandstraat, Bloemfontein

Maria Zebroz 75

"‘n Engel het dit self gebring, die vreude-boodskap – en jy het ‘n lofsang tot Gods eer gesing, Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei en bure-agterdog jou pla, het jy kon dink, eenmaal sou hý die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langs jou liggaam stryk … die stilte instaar… wis jy met hoeveel liefde en angs sou hý sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen om in jou nood by jou te staan – het jy geweet dat hý alléén Getsemane sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom om nederig hulde te betoon, wis jy hoe die soldate hom as koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê, sy mondjie teen jou volle bors, het jy geweet dat hy sou sê, toe dit te laat was: Ek het dors?

Toe dit verby was en jy met sy vriend Johannes huis toe gaan – Maria, vrou van smarte, het jy tóé die boodskap goed verstaan?"

'Belydenis in die skemering'/Eybers, Elisabeth. – Kaapstad: NBB. 1936; 1957.

elisabeth-eybers-1-2217-eng
elisabeth-eybers-2-2218-eng

 


 

kamphoer-news-2065-eng

Kamphoer

Francois Smith, dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, se roman, Kamphoer, is op die kortlys van twee letterkundepryse, naamlik die WA Hofmeyr-prys en 'n Tempo-toekenning. Die WA Hofmeyr-prys word jaarliks toegeken vir Afrikaanse fiksie wat die betrokke jaar deur Media24 Boeke uitgegee is.

Die volgende boeke is saam met Kamphoer benoem: Buys: ’n grensroman deur Willem Anker, Ester deur Kerneels Breytenbach en ’n Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer. Die wenner word op 5 Junie aangekondig. Een van die tydskrif Huisgenoot se jaarlikse Tempo-pryse gaan aan die 'Afrikaanse leesboek van die jaar'.

Vanjaar is Kamphoer saam met vyf ander boeke op die kortlys. Die ander benoemdes is: Vermis op Allesverloren deur Anchien Troskie, Die Respektabele Meneer Hartslief deur Chris Karsten, Ikarus deur Deon Meyer, ’n Duisend Stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer, en Ester deur Kerneels Breytenbach. Die wenner word op 10 Junie aangekondig.

 


 

Die skrywer van Kamphoer

Izak de Vries se foto van Francois Smith, dosent in Kovsies se Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, met sy optrede by die pas afgelope Stellenbosse Woordfees. Die byskrif by Izak se foto lui: Francois Smith, die skrywer van Kamphoer , is soos ’n rockster ontvang. Huisgenoot se boekeredakteur, Elna van der Merwe, het in die Boeketent, die Woordfees se lokaal vir skrywersoptredes, 'n onderhoud met Francois gevoer.

kamphoer1-2049-eng

 


 

fifty-shades-of-grey-2040-eng

Fifty Shades of Grey

Niks minder nie as 'n vuurwarm debat, dit is wat 'n seminaar oor die boek en film Fifty Shades of Grey beloof het, en dit is wat dit opgelewer het. Die seminaar met die titel Wie swaai die sweep? is op 27 Februarie gesamentlik deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en die Departement Filosofie aangebied. Die sprekers was dr Kate Law van die Sentrum vir Genderstudies, dr Johann Rossouw van die Departement Filosofie, dr Francois Smith van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en me Dionne van Reenen van die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid. Van die kwessies wat aangeroer is, was:

  • Is Fifty Shades of Grey ’n nuwe pleidooi vir vroulike bevryding of vroulike verslawing?
  • Wat sê Fifty Shades of Grey oor gender- en magsverhoudinge tussen man en vrou?
  • Is Fifty Shades of Grey vir of teen die belange van die eietydse kapitalisme?
  • Waarom is Fifty Shades of Grey so gewild?

 


 

Wenners van eerste RSG Blokraaitoernooi bekendgemaak

RSG Blokraai

Ilse van Hemert van Pretoria is by die Vrystaat-kunstefees in Bloemfontein gekroon as die heel eerste nasionale blokraaikampioen, nadat sy eerste gekom het in die RSG Blokraaitoernooi. Me Van Hemert het met ‘n totaal van 9 000 punte in die eindronde haar twee opponente, Jo Hiemstra van Bloemfontein en Willie Pretorius van Pretoria, uitgestof om die gesogte titel in te palm.

Die RSG Blokraaitoernooi is vanjaar die heel eerste keer in samewerking met die blokraaigroep, XWord, en die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat aangebied.

Van Hemert, wat as dogtertjie saam met haar ma blokraaisels begin invul het, het verskeie uitdunrondes oorleef om haar plek in die finale kompetisie te verseker. Sy het ‘n verskeidenheid pryse ter waarde van nagenoeg R15 000 gewen.

Die RSG Blokraaitoernooi in Bloemfontein het wye belangstelling uitgelok en is deur deelnemers, onder wie verskeie jongmense, van so ver soos Kaapstad, George en selfs Namibië bygewoon. Deelnemers kon aan drie uitdunrondes deelneem waartydens hulle spoed en kennis met die invul van ‘n uiteenlopende reeks raaisels getoets is. Nege deelnemers het uiteindelik die halfeindronde gehaal, waarna die drie finaliste aangewys is.

In die finale ronde moes die finaliste elk ‘n reuseraaisel op ‘n staander voor in die saal invul terwyl die toeskouers alles kon dophou.

Die hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat, prof Angelique van Niekerk, het gesê dat die belangstelling in die toernooi almal se stoutste verwagtinge oortref het. Sy het haar departement se voortgesette betrokkenheid by hierdie projek bevestig. “Ons is daarvan oortuig dat die RSG Blokraaitoernooi van krag tot krag sal gaan,” het sy gesê, “en ons sal graag wil sien dat dit ‘n jaarlikse hoogtepunt op die kalender van die Vrystaat-kunstefees word.”

 


 

VS-Kunstefees

Vrystaat Literatuurfees / Literary Festival / Domgodilweng

Alle aanbiedings in die ATKV-Eeufeessaal, tensy anders vermeld

All presentations in the ATKV Centenary Hall, unless otherwise stated. – 2016 Literatuurfeesprogram

 


 

RSG Blokraaitoernooi

Die RSG Blokraaitoernooi in samewerking met die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans (UV), is ’n splinternuwe toevoeging tot die Vrystaat-kunstefees se kalender. Deelnemers gaan op Vrydag, 15 Julie teen mekaar (én teen die horlosie) meeding om die finaliste te bepaal wat sake in ’n eindstryd gaan uitspook. Op die spel is onder andere die titel: Suid-Afrika se Eerste Blokraaikampioen. Alle blokraaie word deur die maatskappy XWord verskaf.

Suidblok 1.
Koste: R50 by die deur vir Vrydag se deelname. (Dit sluit o.a. ʼn blokraaiboek in.)
Lusmaker-blokraai en afskopgeselligheid vir genooide deelnemers en gaste: 14 Julie om 10:00

Blokraaitoernooie:
Vrydag, 15 Julie: 09:30, 12:30, 16:30

Kom skryf in by die deur van Suidblok 1!
Halfeindronde – blokraaitoernooi: Saterdag 16 Julie: 11:30 (TOESKOUERS gratis)
Eindronde – blokraaitoernooi: Saterdag 16 Julie: 12:30 (TOESKOUERS gratis)
Daar is ook groot pryse op die spel!

Rig navrae:aan: albegrobbelaar@gmail.com

2000px-crossworduk-svg747196e65b146fc79f4fff0600aa9400

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block