Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek Winterskool 2018
Kollokwium – oproep om referate
Prof Henning Pieterse - Tussen die abjekte en die eteriese.

Prof Henning Pieterse se nuutste boek, Tussen die abjekte en die eteriese. ‘n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq, is op Donderdag 21 Junie bekendgestel in die Eeufeeskompleks. Die geleentheid is deur 30 gaste bygewoon.

Tydens die bekendstelling het dr Francois Smith ‘n onderhoud met prof Pieterse gevoer oor die ontstaan en afloop van die publikasie. Mnr Albertus Barkhuizen van die afdeling Frans het ‘n paar van die oorspronklike gedigte voorgelees, gevolg deur die Afrikaanse weergawes, gelees deur prof Pieterse.

Die boek word gepubliseer deur Protea Boekhuis, Pretoria, en is in die handel verkrygbaar teen R260.

Adél Steyn

"Penguin Random House in Suid-Afrika is vasbeslote om ’n tuiste vir Afrikaanse skrywers en hul boeke te wees,” sê Fourie Botha, uitgewer van plaaslike fiksie by dié uitgewershuis. “Ons ondersteun graag nuwe talent en is opgewonde oor die skeppende skryfwerk wat aan die Universiteit van die Vrystaat ontwikkel word.”

Die Penguin Random House prys vir kreatiewe skryfkuns vir die beste kreatiewe skryfkunsstudent in die eerste magisterjaar in 2017 word toegeken aan Adél Steyn.

Prof HP van Coller aangekondig as ATKV|SA Akademie-pryswenner.

Prof HP van Coller is aangewys as een van agt wenners van die ATKV|SA Akademie-pryse 2018. Die Afrikaanse Taal-en Kultuurvereniging (ATKV) stel jaarliks prysgeld beskikbaar vir die bekroning van gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in 'n betrokke jaar in 'n geakkrediteerde tydskrif verskyn het. Vanjaar is ses pryse bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses. Artikels wat in 2016 verskyn het, is vir vanjaar se pryse in ag geneem.

Prof van Coller is bekroon vir die artikel TT Cloete as literêre kritikus, teoretikus en literatuurhistorikus (Deel 2): TT Cloete as literêr-historiese teoretikus soos gepubliseer in Literator – Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies, 2016.

Dr Cilliers van den Berg aangekondig as ATKV|SA Akademie-pryswenner.

Dr Cilliers van den Berg, afdelingshoof van Duits, is aangewys as een van agt wenners van die ATKV|SA Akademie-pryse 2018. Die Afrikaanse Taal-en Kultuurvereniging (ATKV) stel jaarliks prysgeld beskikbaar vir die bekroning van gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in 'n betrokke jaar in 'n geakkrediteerde tydskrif verskyn het. Vanjaar is ses pryse bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses. Artikels wat in 2016 verskyn het, is vir hierdie jaar se pryse in ag geneem.

Dr. Cilliers van den Berg is bekroon vir twee artikels: Histerie en Perversie (deel II): 'Slagofferskap' in Der Nazi & der Friseur (Edgar Hilsenrath) en 'De joodse messias' (Arnon Grunberg) wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jg. 56 (3), September 2016 verskyn het en Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue-Labarthe: 'Horrelpoot' (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se 'Heart of darkness' wat by LitNet Akademies Jg. 13 (2), 2016 verskyn het.

Cilliers van den Berg
Books

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block